profiele

Hierdie foto van ’n jong Thabiso en sy ma, Ruth, is vir hom baie kosbaar. Hy bewonder sy ma omdat sy hom en sy broer as enkelouer grootgemaak het. Thabiso se ander rolmodelle sluit entrepreneurs soos Elon Musk, Steve Jobs en Khanyi Dhlomo in.

 

Staan uit, sê jou sê

 

Hoe het Thabiso Kgabung op so ’n jong ouderdom ’n suksesvolle entrepreneur geword met hoëvlakkliënte soos Toyota Suid-Afrika, Hollard Versekering, Avon Cosmetics en Lexus? Die antwoord is eenvoudig: hy staan uit bo die groep, en doen dit reeds sedert sy skooldae.

 

Thabiso het in 2008 sy hoërskoolloopbaan aan die Suiderlig Hoërskool in Vanderbijlpark voltooi. Ten spyte van die feit dat hy in die middel van die jaar by die skool aangesluit het, het hy almal verras toe hy tot lid van die se verteenwoordigende leerderraad verkies is.

 

Toe, in 2009, het Thabiso vir ’n BA-graad in kommunikasiewetenskap op die kampus in Vanderbijlpark ingeskryf, met politieke studie en kommunikasiewetenskap as sy hoofvakke.

 

 

Apple werk waarom nie Naughty Banana ook nie?

Omdat hy te veel van ’n individualis is om vir ander mense te werk, het Thabiso Kgabung (27) sy eie digitale bemarkingskonsultasiefirma met die gepaste naam van Naughty Banana begin.

Thabiso is ’n toegewyde gesinsmens. Die belangrikste lesse wat hy aan sy tweejarige seuntjie, Kago, wil oordra, is om altyd ander mense te respekteer en nooit met enigiets buiten die beste tevrede te wees nie. Sy lewensmaat, Keneilwe, is ook ’n alumna van die NWU.

“As Apple so goed vir Steve Jobs gewerk het, dink net waarheen Naughty Banana my kan neem,” lag Thabiso, ’n alumnus van die NWU se kampus in Vanderbijlpark.

 

As stigter en kreatiewe direkteur van Naughty Banana sê Thabiso hy het die naam, wat beslis aandag trek, doelbewus gekies om sy besigheid van dié van sy mededingers te onderskei.

 

“Ek pas nie by die status quo aan nie en omhels kreatiwiteit in alle opsigte,” sê hy, en voeg by dat dit in ’n “lawaaierige” bedryf, waar dit lyk asof almal skree om aandag, belangrik is om bo die ander uit te staan.

 

Te veel van ’n vrye gees

 

Voordat hy sy maatskappy begin het, het hy as opleidingsverskaffer in Sandton gewerk. Aangesien die organisasie relatief klein was, het hy vinnig die korporatiewe leer bestyg en was hy binne twee jaar ’n projekbestuurder.

 

“Dit was my eerste en enigste formele werk,” sê Thabiso. Hy het vinnig besluit om met sy eie bootjie te vaar. “Tot vandag toe het ek nog nie een keer terug gekyk nie. Ek dink dis waar wat hulle sê: wie nie waag nie, kan nie wen nie!”

 

Naughty Banana is ’n vrugbare idee

 

Dit was beslis nie ’n maklike taak om op sy eie te begin nie, onthou Thabiso. “Deur genade van Bo kon ek aan die gang bly, en in 2014 het ek met konsultasiewerk begin en die basis vir toekomstige handelsmoontlikhede gelê. In 2016 is Naughty Banana formeel geregistreer.

 

“Entrepreneurskap kan nie onderrig word nie, jy leer terwyl jy werk en jou foute word jou treë na sukses.”Thabiso sê om verhoudinge te bou, is ’n noodsaaklike aspek van sy besigheid. “Elke keer as ek ’n nuwe kliënt werf of ’n ervare hoof- uitvoerende beampte ontmoet, weet ek my droom het waar geword.

 

"Mense in die bedryf wat ek bewonder, is nou my mentors, en ek het groot respek vir hulle. Ek is ook baie trots daarop dat ek deur Naughty Banana 10 mense in diens het.

 

“As ’n trotse Afrikaan glo ek dat die reklamebedryf selfs meer oop moet wees om talentvolle jongmense te akkommodeer. Dieselfde geld vir die eienaarskap van agentskappe.

 

“Agentskappe moet die Afrika-mark holisties verstaan, en dan ’n voetsoolvlak-benadering met hul bedrywighede volg. Ek glo verder dat Naughty Banana ’n belangrike rol kan en sal speel om die bedryf te vorm.”

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Thabiso (regs) het die studentelewe op die kampus in Vanderbijlpark terdeë geniet.

 

Onthou die goeie ou dae

 

As hy aan sy studentedae terugdink, onthou Thabiso aangename tye langs die rivier saam met sy vriende, en hoe hy met sy dosente aan gesprekke oor lewensegte uitdagings in korporatiewe kommunikasie deelgeneem het.

 

Hy het veral die klasse van dosente soos Phil Pretorius en Annette Willemse geniet.

 

“Hulle het my geleer om nie net oor kommunikasie te praat nie, maar my hande uit my moue te steek en netwerke te skep en verhoudinge te bou. Dankie aan hulle!”

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U