nuus

Alumnus Ndleleni Maxongo motiveer die eerstejaarstudente op ons kampus in Mahikeng en skop so die jaar op ’n positiewe noot af. Ndleleni, ’n radio-omroeper en motiveringspreker bekend as Sir Max, het die studente op 2 Februarie 2018 toegespreek.

 

 

Hou toekomstige uitgawes van die NWU & U dop en kyk ook na die NWU en kampusse se Facebook-blaaie vir meer besonderhede oor alumnifunksies wat voorlê.

 

 

 

Alumni-program skop af

Daar is hierdie jaar weer ’n menigte alumnibyeenkomste wat wissel van gholfdae tot fakulteits- en streeksfunksies.

Die alumnikantoor op die kampus in Mahikeng glo daaraan om die boompie te buig terwyl hy jonk is, en daarom is hulle proaktief wanneer dit by alumnisake kom. So het hulle reeds op 22 Februarie ’n inligtingsessie vir die kampusstudenteraad en sy substrukture – ons toekomstige alumni – gehou.

Die program vir die res van die jaar sluit besoeke in aan Botswana in Maart, en op 16 en 17 April aan Klerksdorp en Potchefstroom onderskeidelik.

 

In Junie kom die Christen- en ZCC-afdelings bymekaar, en ’n besoek aan Bloemfontein volg in Julie. In Augustus word daar ’n reünie vir LLB-alumni in Gauteng gehou, en die gewone jaarlikse afskeidsfunksie vir finalejaarstudente vind in Oktober plaas.

 

Nog ’n hoogtepunt is die vergadering en galadinee vir die afdeling van die Departement Vervoer-ekonomie ná die gradeplegtigheid op 25 April 2018. Die stigting van nuwe afdelings, en streeks- en spesifiekebelangegroepe word ook vir 2018 beplan.

 

’n Propvol program

 

Soos gewoonlik moet Potchefstroom se alumni hulle vir ’n vol program voorberei. Daar sal fakulteits-, streeks- en koshuisgebaseerde reünies in verskillende dele van die land gehou word, asook ’n alumni-ontbyt, werksgereedheid-werkswinkels, die gewone jaarlikse funksie vir finalejaarstudente, en ’n byeenkoms vir die eerstejaars van 1968.

 

Geoktrooieerde rekenmeester-alumni, asook besigheidsbestuur- en inligting-alumni, is welkom om die fakulteitsreünie op 6 September in die Johannesburgstreek by te woon. Alumni van die Karlien-, Eikenhof- en Vergeet-My-Nie-koshuise sal onderskeidelik van 27 tot 29 Julie, 3 tot 5 Augustus en 31 Augustus tot 2 September herinneringe met mekaar kan deel.

 

Die alumni-ontbyt word vir 17 Julie beplan en die werkswinkels oor werksgereedheid vir 8 Mei en 18 September. Tydens hierdie werkswinkels sal alumni met studente oor die eise van die werksomgewing gesels.

 

Van noord na suid en weer terug

 

Alumni van die kampus in Vanderbijlpark het reeds op 1 Maart hul jaarlikse sake-ontbyt gehou. Tydens dié byeenkoms by die Groot Lapa op die kampus het ’n paneel kundiges die staatsrede en die nasionale begrotingstoespraak bespreek. Klik hier om meer oor die sake-ontbyt te lees.

 

Vir die res van die jaar wag daar vir die alumni byeenkomste in Kaapstad en Johannesburg, en ’n funksie vir ekonomie- en inligtingstegnologie-alumni.

 

Die twee streeksfunksies sal in vennootskap met die ander twee kampusse gehou word en sal op 21 April in Kaapstad en op 17 Mei in Johannesburg plaasvind. Tydens albei geleenthede sal ons ons alumni oor die jongste ontwikkelings by die NWU inlig en netwerke bou.

 

Op 15 Junie in Vanderbijlpark is geldsake in die kollig wanneer alumni van die voormalige Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie bymekaarkom.

 

Die doelwit is om elke jaar een fakulteitsfunksie te organiseer. Ons hoop dat hierdie byeenkomste sal lei tot die stigting van fakulteitsadvieskomitees, mentorskapprogramme en maniere waarop die alumni van ’n bepaalde fakulteit iets aan die universiteit kan teruggee.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Sowat 54 alumni het op 27 Januarie in Potchefstroom afgeslaan. Aan die einde van die dag het Rikus Vermooten (regs) die kroon as klubkampioen gedra. Prof Kobus Pienaar, voorsitter van die alumni-gholfklub, oorhandig hier sy trofee aan hom.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U