nuus

Beitske van der Niet is die koördineerder van die Fezile Dabi-onderwysdistrik se Rekeningkunde-projek.

Vat hande om toekomstige rekenmeesters te help

Wat as ’n tussenkomsprogram begin het om akademiese hulp te verleen aan graad 12-leerders wat met rekeningkunde sukkel, het een van die vlagskipprojekte vir gemeenskapsbetrokkenheid by die NWU geword.

Die NWU en Fezile Dabi-onderwysdistrik se Rekeningkunde-projek is in 2014 bekend gestel, en vier jaar later behaal die projek steeds goeie resultate. In 2018 sal rekeningkunde-onderwysers van 13 skole regoor die Noord-Vrystaat-streek voordeel uit hierdie projek trek.

 

Verlede jaar het die projek gekonsentreer op graad 12-leerders wat Saterdagskole bygewoon het wat die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe op die kampus in Vanderbijlpark aangebied het. Die skool het ook in die Oktober-reses werkswinkels aangebied om die leerders vir hul eindeksamen voor te berei.

 

Beitske van der Niet, projekkoördineerder, sê die fokus sal in 2018 val op vaardigheidsopleiding vir onderwysers wat vir graad 10- en graad 11-leerders verantwoordelik is.

 

Die projek sal ’n totaal van 180 leerders, saam met hulle onderwysers, uit skole in die distrik betrek.

 

Hoe alles begin het

 

In 2013 het verskeie skole in die Fezile Dabi-onderwysdistrik ’n 0%-slaagkoers vir rekeningkunde in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS-eksamen) behaal. Dit was duidelik dat die probleem dringend aandag moes kry.

 

In ’n gesamentlike poging om die distrik te help, het die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe ’n tussenkomsprogram geloods. Die doel was om onderwysers te help om die inhoud van die rekeningkunde-kurrikulum beter te verstaan en om Saterdagklasse aan te bied vir graad 12-leerders wat met die vak sukkel.

 

Die tussenkoms het goeie resultate opgelewer. In 2014 het die distrik die eerste plek in die Vrystaat verwerf (met ’n vakslaagsyfer van 81%), en die tweede plek op die nasionale ranglys behaal.Beitske glo leerders sal slegs geïnspireer word om vir rekeningkunde lief te word as hulle die grondbeginsels van die vak verstaan.

 

“Deur hierdie projek beoog ons om studente te bemagtig om goed te doen en hulle so te motiveer om ná hul formele opleiding die rekeningkundeberoep te betree.”

 

Laasgenoemde dra natuurlik daartoe by om die geweldige behoefte aan gekwalifiseerde professionele rekenmeesters en ander finansiële kundiges in Suid-Afrika te hanteer.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

next

>

previous

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U