Dit is ons

Neem die NWU na voornemende studente se huise


As die Covid-19-pandemie jou verhoed om voornemende studente na jou kampusse te bring, vat jy die kampusse na hulle toe. Dit is presies wat die NWU op Saterdag, 8 Mei gedoen het, toe ons deur middel van ’n virtuele opedag die NWU na die huise van ons voornemende student geneem het.

 

Gedurende hierdie lewendige virtuele geleentheid het visekanselier prof Dan Kgwadi die voornemende studente in ʼn vooraf opgeneemde boodskap verwelkom, en het vier paneellede vertel wat die NWU so besonders maak.

 

ʼn Video wat tydens die geleentheid gewys is, het ʼn oorsig van elkeen van ons agt fakulteite gegee. Huidige studente het ook in die video verduidelik waarom hulle gekies het om by die NWU te studeer, en hoe die universiteit hulle bemagtig om meer te word as wat hulle ooit sou kon dink.

 

Die virtuele opedag is gevolg deur webinaars oor die studentelewe-ervaring op ons drie kampusse.

 

 

Hierdie video van die virtuele opedag herinner ʼn mens aan wat die NWU so ʼn uitnemende akademiese instelling maak, maar gee ook iets weer van die warmte en sorg wat studente by hierdie “tuiste weg van die huis af” ervaar.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za