maak ’n verskil vir vordering op die vasteland

Prof Leenta Grobler het die programrede tydens die NWU se Afrika-dag-webinaar gelewer.

AFRIKA-DAG:

Klik op die foto om na die opname van die webinaar te kyk.

Meer oor Afrika-maand en -dag

 

Die doel van Afrika-dag is om die sukses van die Organisasie van Afrika-eenheid (nou die Afrika-unie), wat op 25 Mei 1963 in die stryd teen kolonialisme en apartheid gestig is, te vier en te erken.

 

Hierdie jaar se Afrika-maand word onder die tema: “The year of Arts, Culture and Heritage: In the year of Charlotte Maxeke” gevier.

 

Dr Maxeke het bo die beperkings uitgestyg wat deur die apartheidsregime opgelê is en, ten spyte van die uitdagings van die 1900’s, ’n hoogs opgeleide politieke leier geword. Die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg is na haar vernoem.

Só het prof Leenta Grobler, waarnemende direkteur vir besigheidsontwikkeling en belanghebberbetrokkenheid by die NWU se Fakulteit Ingenieurswese, gesê toe sy die programrede gelewer het tydens die NWU se onlangse Afrika-dag, wat op 25 Mei 2021 gehou is.

 

Hulle het inderdaad hulle woorde in dade omgeskakel om ’n verskil te maak. Die NWU het ’n vennootskap met die Jomo Kenyatta Universiteit in Kenia gesluit met die doel om Kenia se gesondheidsgeriewe te gebruik om ’n proeflopie te doen en moontlik drie van sy mees onlangse Covid-19-oplossings wat ontwikkel is, te bemark.

 

Tydens die webinaar, getiteld “Silencing the guns: creating conducive conditions for Africa's development and intensifying the fight against the Covid-19 pandemic”, het Leenta van ons uitvindings genoem, soos TjopTjop, die Covid-siftingstoepassing wat tans gebruik word om ten minste 22 000 kinders by skole in Suid-Afrika te sif.

 

“Al ons inisiatiewe, insluitende die geoutomatiseerde polimeraskettingreaksie-toestel (PKR-toestel) wat sal help om die omkeertyd van toetse tydens pandemies te versnel, demonstreer hoe tegnologie en digitale gesondheidsoplossings ’n groot impak in ons wêreld en ’n tasbare verskil in Afrika kan maak,” het sy bygevoeg.

 

Dit beaam die woorde van een van die grootste geeste van Afrika, voormalige president Nelson Mandela: “Wat in die lewe saak maak, is nie die blote feit dat ons geleef het nie. Dit is die verskil wat ons in die lewens van ander gemaak het.”

 

Ons kan nie net in Suid-Afrika ʼn verskil maak nie – ons moet ook in Afrika en in die res van die wêreld ’n verskil maak.

“Soos ons vandag hier sit, kyk ons na ander lande om ons mense met goed soos entstowwe te ondersteun. Dit is ons plig om nie terug te kyk en te kla nie, maar om oplossings te soek vir die Afrika wat ons graag wil sien.”

 

- Clement Manoko

Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, was die programleier by die geleentheid.