SKEIDSREGTER TE WEES

Akademikus geniet dit om ’n

Toe die NWU-akademikus dr John Asong nie ’n loopbaan as sokkerspeler kon volg nie, het hy nie sy rug op die pragtige spel gedraai nie; hy het eerder sy stewels aangetrek en as skeidsregter en wedstrydbeampte op die veld gedraf.

John, ’n dosent in lewenswetenskappe by die Fakulteit Opvoedkunde op die Mahikengkampus, sê wanneer hy nie sy akademiese verantwoordelikhede nakom nie, leef hy sy passie uit – sokker.

 

Ná 20 jaar is dit vir John nie net ʼn stokperdjie om ʼn skeidsregter te wees nie. “Dit is iets waaroor ek uiters passievol is. Ek geniet dit; dit kom vir my natuurlik. Dis ’n lewenstaak.”

 

Hy skop af

 

Wat die begin van sy sokkerloopbaan betref, sê John, “Ek het doelwagter vir my hoërskool gespeel en later die span tuis in Kameroen afgerig.

 

“Toe ek besef het dat ek nie my sokkerloopbaan kan voortsit nadat ek hoërskool klaargemaak het nie, het ek my bes gedoen om by die pragtige spel betrokke te bly. Ek het ’n inleidende kursus as skeidsregter gevolg en toe begin besef dat ek die passie daarvoor het – en die res is geskiedenis.”

 

Hy het in 2001 as skeidsregter vir die derde afdeling (distriksvlak) in Kameroen begin optree, en is ’n jaar later na die tweede afdeling (provinsiale vlak) bevorder.

 

Vind nuwe speelvelde

 

Toe hy in Oktober 2002 na Suid-Afrika verhuis, het hy by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) in Pretoria aangesluit.

 

Hy het sedertdien die geleentheid gehad om as skeidsregter vir die SAB-streeksliga, die Vodacom- provinsiale liga, die onder 17- internasionale Copa Coca-Cola-toernooi in Pretoria, en die vriendskaplike wedstryd tussen Engeland en Suid-Korea, wat as voorbereiding vir die FIFA 2010 Wêreldbeker gespeel is, op te tree.

 

Toe hy in 2011 na Mahikeng verhuis het, het hy dadelik as wedstrydbeampte by die SAFA Ngaka Modiri Molema-streek betrokke geraak.

 

“Ek blaas steeds wedstryde in die streek, en die belangrikste is dat ek by die meeste ABC Motsepe-ligawedstryde en die vroueliga in die streek as wedstrydkommissaris optree,” sê John, wat nou ’n SAFA Vlak 4-skeidsregtersertifikaat het.

 

John se passie vir sokker en die amp van skeidsregter is aansteeklik en weerspieël alles wat wonderlik is aan hierdie pragtige spel.

Om as skeidsregter vir sokker op te tree, is dr John Asong se passie.

SKEIDSREGTER TE WEES