Voormalige mikrogolfmaaltyd-verslaafdes sloof hulle nou voor ’n warm stoof af en kook ’n hond uit ’n bos uit. Tuisgebakte brood is aan die orde van die dag, en koesterkos is deel van die daaglikse spyskaart.

 

En vir dié wat voor die grendeltyd reeds maestro’s was … wel, hulle het net beter geraak.

 

Daarmee in gedagte het die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, prof Sonia Swanepoel, en Esmé Labuschagne, die fakulteit se senior administratiewe beampte, besluit om nuwe of ou resepte wat personeellede van die fakulteit tydens die grendeltyd beproef het, te versamel.

 

Die doel was om mense se gemoedere ’n bietjie ligter te maak en hulle te help om op die positiewe dinge in die lewe te fokus. Aangesien die meeste mense heeldag tuis is, is die doel van hierdie projek om personeellede te motiveer om verder as hul omstandighede te kyk.

 

Klik op die beeld regs vir ʼn paar van die resepte wat tydens grendeltyd uitgetoets is en wat die alledaagse met ʼn titseltjie sielevreugde kan opkikker.

Dit lyk of dit ’n pandemie geverg het om ’n klompie van ons ons verskuilde sjef-gene te laat ontdek.  Ná vier maande van inperking het dit vir baie van ons kinderspeletjies geraak om heerlike geregte op te tower.

Hoendersop vir die hart

Klik op elke foto om te sien watter resep elkeen ingestuur het en – in sommige gevalle – ook wat hulle gemotiveer het om te begin kook.  Al die resepte wat ingestuur is, is in ’n boek opgeneem wat vroeg in Augustus beskikbaar sal wees.

Roer ʼn bietjie hart by

“A recipe has no soul; you as the cook, must bring soul to the recipe,” sê die Amerikaanse sjef, restaurateur en kookboekskrywer, Thomas Keller.