Aanlyn

simposium

wys die weg aan

oor

OUTISME

Klik op die pyle om meer te lees.

Toe die NWU die jaarlikse Nasionale Outismesimposium tydens die inperking moes aanbied, moes die organiseerders ’n innoverende formule vir ’n aanlyn konferensie uitdink. En hulle het beslis daarin geslaag.

eish! het by Hanlie Degenaar uitgevind wat die voordele van ’n aanlyn gebeurtenis is, en vir haar gevra vir wenke oor hoe om ’n geslaagde konferensie aan te bied.

 

“Om die simposium op kort kennisgewing in ’n aanlyn formaat te reël, was ’n uitdaging, maar ons is dankbaar dat dit op die ou end ’n groot sukses was,” sê Hanlie, ’n senior spraak-taal-terapeut by die NWU se Instituut vir Sielkunde en Welstand, en die hoof van Care2Kids.

 

Die NWU het van 25 tot 27 Junie die jaarlikse Outismesimposium met die tema “Emotional regulation” in samewerking met Outisme Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kinder- en Adolessente Psigiatrie en Verwante Professies aangebied.

 

Talle voordele

 

Hanlie sê die aanlyn formaat het talle voordele ingehou.

 

“Ons kon buitengewone sprekers insluit en het meer mense bereik om die inligting te deel, aangesien hulle maklik van enige plek in die wêreld by die geleentheid kon aansluit.

 

“Nog ’n voordeel was dat ons meer praktiese werkswinkels kon aanbied, aangesien daar ’n onbeperkte getal virtuele klaskamers was.

 

“Volgens die terugvoer van die mense wat die simposium bygewoon het, was daar meer geleenthede vir netwerking en was dit ook makliker om dit te doen.”

 

Hanlie sê sy en haar span het baie geleer. “Die beste raad wat ons ontvang het, was om nie die formaat van die aangesig-tot-aangesig-gebeurtenis slaafs na te volg nie, maar om ’n vars formaat te gebruik en dit eenvoudig te hou.”

 

In die tekskassie “Sewe wenke vir aanlyn sukses” gee Hanlie raad oor hoe om ’n geslaagde aanlyn simposium of konferensie te hou.

 

“Met noukeurige beplanning en die NWU se buitengewone infrastruktuur kan die skynbare onmoontlike vermag word. Verandering is moeilik, maar dit verskaf wonderlike geleenthede vir innovering en groei,” sê Hanlie.

Hanlie Degenaar het die span gelei wat dit reggekry het om ’n baie geslaagde aanlyn simposium oor outisme aan te bied.