Dit is ons

Eerste in SA om internasionale DBA te verwerf

 

 

Prof Linda du Plessis het onlangs die eerste Suid-Afrikaner geword om die internasionale Doctor of Business Administration-graad (DBA-graad) te voltooi.

 

Wat hierdie visekanselier vir beplanning en bedrywighede op die Vanderbiljparkkampus se prestasie nog meer besonders maak, is dat sy die graad – haar tweede doktorsgraad – in slegs vier jaar in plaas van die verwagte vyf jaar voltooi het.

 

Haar reis om hierdie kwalifikasie te verwerf het in Januarie 2017 begin toe sy by die Universiteit van Bath in die Verenigde Koninkryk vir die program ingeskryf het. Klik hier om meer te lees oor hoe Linda haar studies kafgedraf het terwyl sy voltyds gewerk en na haar gesin omgesien het.

 

Prof Linda du Plessis, wat die eerste Suid-Afrikaner geword het om die internasionale Doctor of Business Administration (DBA) te verwerf, sê effektiewe tydsbestuur is die geheim van haar sukses.

 

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260