“Ons prioriteit tydens die Covid-19-krisis is om studente te ondersteun om hul studies voort te sit met behulp van die modusse wat die beste by hierdie buitengewone omstandighede pas,” sê prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer.

 

“Net so fokus die universiteit se beplanning vir ons personeel daarop om hulle veilig te hou en om besigheidskontinuïteit vanuit hul huisomgewings moontlik te maak.”

Die Covid-19-pandemie het meer as net ons daaglikse lewe verander. Dit het ook ’n geweldige impak op onderrig gehad.

Onderrig wêreldwyd – ook in Suid-Afrika – sal nooit weer dieselfde wees noudat afkampusleer, wat aanlyn sowel as afstandsleer insluit, die norm word nie. eish! het gaan kyk hoe die NWU afkampusleer gebruik om sy akademiese aktiwiteite voort te sit.

NWU begin met afkampusleer

afkampus-

leer

Personeel en studente het die nuwe manier van onderrig en leer omarm en ontvang deurlopend steun hiermee van onder andere die NWU se Sentrum vir Onderrig en Leer, die Universiteitsbestuurskomitee, die Covid-19-reaksiespan en IT.

Bemagtig alle studente

Hoewel afkampusleer vir die meeste studente ’n aanlyn ervaring is, het die NWU baie moeite gedoen om seker te maak dat studente wat tans nie toegang tot tegnologie het nie, ook met hul studies kan voortgaan. Dit behels die verspreiding van gedrukte leermateriaal en ander hulpbronne aan studente in afgeleë gebiede.

Akademiese en ondersteuningspersoneel werk onverpoosd om seker te maak dat alle studente die geleentheid kry om die 2020- akademiese jaar suksesvol te voltooi.

Aanpassing by die nuwe normaal

Soos met alle nuwe dinge moes die NWU-gemeenskap talle uitdagings hanteer wat deur tegniese en ander probleme veroorsaak is.

Die Sentrum vir Onderrig en Leer het verskeie kanale geïmplementeer om na dosente uit te reik om hulp, opleiding en raad te verskaf.

Op dié wyse hanteer hulle bekommernisse oor eFundi-steun, ondersteuning vir afstandsleerstudente, en ondersteuning vir personeel wat hulp nodig het om elektroniese media te gebruik om aanlyn leer of leer deur middel van die afstandsmodus te hanteer. Hierdie ondersteuning het webinare, telefoniese en videohulp, asook papier-gedrukte materiaal ingesluit.

Namate afkampusleer by die NWU voortgesit word, het duisende studente al gelyktydig op eFundi gewerk, en nuwe rekords daargestel terwyl studente hulle onderrig voortsit.

Leer in die tyd van

Covid-19

16 April

Vlak 5-inperking word verleng

 

26 Maart

Vlak 5-inperking begin

23 April

President Cyril Ramaphosa kondig aan dat die Covid-19-inperking vanaf 1 Mei van vlak 5 na vlak 4 verlaag sal word.

 

30 April

Dr Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, sit planne vir die 2020 akademiese jaar uiteen. Hy kondig aan dat tersiêre instellings nie tydens vlak 4 van die inperking kampusgebaseerde akademiese aktiwiteite sal hervat nie.

 

22 April

Die NWU het studente in kennis gestel dat hulle ’n ooreenkoms vir gratis data met Telkom, Cell C, MTN en Vodacom bereik het. Studente kan op eFundi en ander subwebwerwe op die NWU se webwerf gratis toegang tot studiemateriaal en inligting verkry. Die NWU het ooreenkomste met telekommunikasiemaatskappye aangegaan om omgekeerde fakturering te doen ten einde gratis toegang tot die relevantste en nodigste studiemateriaal te fasiliteer. Die NWU is besig om ’n beduidende getal skootrekenaars en ander toestelle aan te skaf om op ’n leen- of huurgrondslag aan kwalifiserende studente uit te reik. Die universiteit tref reëlings om gedrukte materiaal af te lewer vir studente wat nie toegang tot die internet het nie.

17 April - 1 Mei

Voltooiing van die oriëntasietydperk vir aanlyn leer

4 Mei

Aanlyn klasse begin en planne word gemaak om gedrukte materiaal beskikbaar te stel vir studente wat nie toegang tot die internet kan kry nie.

 

Dosente ontvang hulle unieke skakels vir elkeen van hulle modules per e-pos sodat hulle by die huidige onderrig- en leersituasie kan aanpas.

 

Die NWU Covid-19-reaksiefonds word bekend gestel om aan studente skootrekenaars/toestelle te verskaf. Dit het ook ten doel om personeel, studente en die gemeenskappe rondom kampusse met die nodige toerusting en ander behoeftes te ondersteun.

 

13 Mei

President Cyril Ramaphosa sê dat ’n aankondiging gemaak sal word oor wanneer die inperkingsvlak van vlak 4 na vlak 3 verlaag sal word.

 

1 Mei

Die inperkingsvlak word van vlak 5 na vlak 4 verlaag.

22 Mei

Die herintegrasieplan vir personeel word uitgestuur.

25 Mei

Prof Dan Kgwadi, visekanselier, lig personeel per e-pos en deur middel van ’n videosessie in dat die NWU ’n holistiese plan vir multimodale leer deur middel van afstands- en aanlyn leer voorberei het om die akademiese jaar suksesvol te voltooi. Hy gee die versekering dat alle stappe gedoen sal word om studente en personeel te beskerm terwyl die NWU vir die sistematiese terugkeer van studente en personeel voorberei.

1 Junie

Beplande verlaging van die inperkingsvlak vanaf vlak 4 na vlak 3.

23 Mei

Dr Nzimande hou ’n voorligtingsessie oor die terugkeer van studente onder vlak 3 van die staat van inperking. Hy sê dat ’n maksimum van 33% van die studentebevolking toegelaat sal word om onder streng veiligheidsvoorwaardes na kampusse, leweringsentrums en koshuise toe terug te keer. Universiteite sal twee tot drie weke nadat die land na vlak 3 beweeg het, begin om studente te herintegreer.