Dit is ons

“Ons reis deur onbekende terrein,” is hoe visekanselier prof Dan Kgwadi die aanlyn onderrig-en-leer-program beskryf wat die NWU aangepak het.

Nadat ons tydens ’n oriënteringstydperk die waters getoets het, het die NWU op 4 Mei die reis na hierdie nuwe bestemming aangepak met personeel en studente wat hierdie tog op verskillende maniere ervaar, soos julle in die Vox pop-artikel kan sien.

Nadat hy die uitnodiging aanvaar het om van die aanlyn klasse by te woon, sê prof Dan hy is oortuig dat dosente en studente almal hul uiterste bes doen om by die aanlyn onderrig en leer baat te vind, en dat dit duidelik is dat die program ’n goeie opbrengs op die belegging sal lewer.

Red die akademiese jaar

In hierdie video praat prof Dan Kgwadi oor hoe om die akademiese jaar deur ’n aanlyn onderrig-en-leerprogram te red, en oor personeel en studente se terugkeer na die kampus volgens ’n herintegrasieplan.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260