KORONAVIRUS

KORONAVIRUS

Petra, direkteur van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) op die Potchefstroomkampus, sê die landswye staat van inperking het vir die provinsie tyd gegee om vir die uitbreking voor te berei.

 

“Ons gebruik hierdie waardevolle tyd doeltreffend om die provinsie in ’n beter posisie te plaas,” sê sy, en voeg by dat dit ’n groot kompliment vir die NWU is dat die provinsie hul kundigheid benut.

Die span is vroeg in April deur die NWDvG om hulp genader.

 

Hul taak is eerstens om die verloop van die virus in die provinsie te voorspel (epidemiologiese voorspellings) sodat die provinsiale regering hulpbronne optimaal kan versprei. Tweedens skep hulle ’n gesentraliseerde databasis om gebiede te identifiseer waar simptome voorkom sodat toetsing en sifting daar uitgevoer kan word.

 

’n Titanic-ervaring

 

Die projek het ’n diepgaande persoonlike impak op Petra gehad. Sy sê die potensiële implikasies van die pandemie het skrikwekkend duidelik geword nadat die span hul eerste voorspellings ongeveer twee weke ná die instelling van die staat van inperking gemaak het.

 

“Dit was ’n ysingwekkende besef. Terwyl mense op sosiale media grappies maak oor die virus, het ons geweet dat die TV-tonele van massagrafte regoor die wêreld in ons provinsie ook ’n werklikheid kan word.”

 

Sy noem dit haar Titanic-ervaring. Die romp van die skip is beskadig en die water syfer na binne. Die bemanning in die voorste linie werk onverpoosd om die water uit te hou, terwyl die orkes speel en die niksvermoedende gaste in die eetkamer dans. Hierdie toneel is op Covid-19 van toepassing. Net die tyd sal leer hoe groot, hoe vinnig en hoe dodelik die impak gaan wees.”

 

Die span se harde werk het tot die bekendstelling van ’n gemeenskapsveldtog gelei, genaamd Cobuntu (Cobuntu: stry deur ubuntu teen die Covid-19-pandemie).

 

Bly positief in moeilike tye

 

Om in die voorste linie van die pandemie te veg, kan die staat van inperking ’n besonder eensame tyd maak, selfs wanneer Petra geweldig besig is.

 

“Energievlakke wissel en tradisionele werksure en werk volgens ’n dagboek is iets van die verlede. Tuisonderrig vir my kinders en huistake kom soms tot ’n stilstand.”

 

Sy bly gemotiveer deur te onthou watter betekenisvolle bydrae die span maak. “Ek wy my daaraan toe om mense te help om hul volle potensiaal te bereik sodat ons gesamentlik beter gesondheid kan ervaar.”

 

Sy sê kontak met opregte mense wat omgee het ’n positiewe impak op haar wanneer sy gedemotiveer voel.

 

Haar raad aan personeel, veral vroue, wat met uitdagende projekte besig is, is om aanpasbaar te wees en dinge een vir een aan te pak. “Niemand is ’n supermens nie, en niemand verwag dit van jou nie.”

 

“Dit help soms om ’n tree terug te gee. Maak sin van wat belangrik is en herprioritiseer wanneer jou lessenaar oorloop en jy oorweldig voel. Wees eerlik met jouself oor wat belangrik is.”

 

Op hierdie manier bly sy gefokus terwyl sy die span koördineer wanneer hulle hul deel doen om hierdie geweldige uitdaging vir die mensdom te probeer oorkom.

 

Die universiteit se navorsers maak betekenisvolle bydraes in die stryd teen die Covid-19-pandemie in Noordwes.

 

eish! het met prof Petra Bester gepraat, wat ’n formidabele span NWU-akademici, navorsers en kundiges vir advies en hulp aan Noordwes se Departement van Gesondheid (NWDvG) koördineer om vir die verwagte piek van Covid-19 voor te berei.

Om meer oor die NWU se hulp aan Noordwes se Departement van Gesondheid te lees, volg hierdie skakels:

Prof Petra Bester sê sy vind vreugde in eenvoudige dinge. “Ek waardeer God se genade, my man en my seuns, humor, ’n paar goeie vriende, Beethoven, suurlemoene uit my tuin, tiemie op my vensterbank, ’n ou skildery, en ons Franse dashond, Alfons. ’n Spesiale vreugde is om te sien hoe studente en kollegas in hulle werk ontwikkel en groei.”

Navorser lei span teen die

 

 

Petra se span kundiges

 

Die NWU se multidissiplinêre span kundiges sluit in ’n spesialis- openbaregesondheidsgeneesheer (prof Andrew Robinson), ’n kardiovaskulêre fisioloog (prof Lanthé Kruger), ’n digitale gesondheidskundige (dr Herman Myburgh), ’n biomediese statistikus (dr Cristian Ricci), ’n genetikus en etikus (prof Wayne Towers), en ’n molekulêre viroloog (prof Albie van Dijk).

 

Die ander spesialis-spanlede is ’n fisikus en rekenaarmodelleerder (Bertie Seyffert), ’n omgewingsviroloog (dr Hazel Mufhandu), ’n inligtingsbestuurspesialis (Tertius Bester), en ’n sake-administrateur (dr Christi Niesing).

 

Benewens die Noordwes se Departement van Gesondheid werk hulle ook saam met epidemioloë van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en verteenwoordiges van MezzanineWare, Britehouse (’n afdeling van Dimension Data) en Microsoft Suid-Afrika.

 

 

 

 

VAT HANDE

HULPVERLENING
AAN DIE GANG

Klik op die sirkels om meer te lees oor die aktiwiteite van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) op die Potchefstroomkampus.