Dr Keith Bothongo, die eerste swart Suid-Afrikaner wat as eiendomsevalueerder geregistreer het, en onlangs ook ’n eredoktorsgraad van die NWU ontvang het, het onderneem om vir 2020 en 2021 altesaam 10 NWU-studente per jaar te borg.

 

Keith het homself daartoe verbind om studente wat landbou, veeartsenykundige wetenskappe en dierkunde studeer, te borg.

 

Hy is in Soweto in Johannesburg gebore en woon tans saam met sy gesin in Milton Keynes in die Verenigde Koninkryk. Hy is ’n lid van die Universiteit van Buckingham se Adviesraad vir Ontwikkeling en Innovasie.

 

Klik hier om meer te lees oor Keith se lewe, sy liefde vir onderrig en sy passie om mense te bemagtig.

 

 

Dr Keith Bothongo, wat op 17 Oktober ʼn eredoktorsgraad van die NWU ontvang het, sê hy het nog altyd die begeerte gehad om minderbevoorregte studente te help, aangesien hy in dieselfde situasie was.

 

Deur die Keith Bothongo-stigting het hy reeds meer as 70 behoeftige studente by verskillende Suid-Afrikaanse universiteite gehelp. Ses van hulle is van die NWU.

 

Ontvanger van eredoktorsgraad onderneem om studente te borg

Dit is ons

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260