BENUT TALE

om onderrig en leer te bevorder

Hoe meer siele, hoe meer vreugde, lui die gesegde. Kan dit ook waar wees wat die akkommodering van verskillende tale betref? En in die besonder: is dit by die NWU waar?

 

Kan die NWU ’n “Babelse verwarring” van tale saamvoeg om een vrolike mengsel van tale te benut? Wel, as ons kyk na die onlangse stappe wat die universiteit gedoen het om ons taalbeleid en -planne te implementeer, is die antwoord beslis ja.

 

Prof Robert Balfour, die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, is oorhoofs verantwoordelik vir die verwesenliking van die taalbeleid en -plan.

 

Baanbrekerwerk … Hierdie foto is geneem toe die Fakulteit Opvoedkunde se dr Maryna Reyneke (voor, tweede van links) en dr Kotie Kaizer (eerste van links in die agterste ry) ’n kollokwium oor meertalige onderrigmetodes in hoër onderwys by die Stadsuniversiteit van New York (CUNY) bygewoon het.

 

“Ons moes die materiaal vir die kursus oor meertalige onderrigmetodes van meet af aan saamstel,” sê Maryna, wat die direkteur van die Skool vir Taalonderwys is.

 

Terwyl hulle die kollokwium bygewoon het, het hulle die moontlike modelle vir opleidingskursusse met vakkundiges in die gebied bespreek, onder meer met Ophelia Garcia van CUNY (voor, derde van regs) en Christa van die Walt van die Universiteit Stellenbosch (voor, tweede van links).

Prof Tobie van Dyk, die direkteur van die Skool vir Tale, lei die proses namens die Fakulteit Geesteswetenskappe.

 

 

Ontwikkel jou meertalige vaardighede

 

Benewens die kursus in meertalige onderrigmetodes wat hierbo beskryf word, sal daar ook kort taalverkrygingskursusse aangebied word.

 

Voordat ons na hierdie kursusse kyk, verbeel julle die volgende: Die dosent staan by die deur van die lesingsaal en groet haar studente met ’n groot glimlag. “Dumela, o kae? Dumela, o phetse jwang? Hallo, hoe gaan dit? Hello, how are you?”

 

In die nabye toekoms sal hierdie scenario – saam met selfs nog meer meertalige interaksie – die norm by die NWU wees. Om dit moontlik te maak, gaan personeellede binnekort kortkursusse kan bywoon waar hulle basiese Setswana, Sesotho, Engels of Afrikaans kan leer.

 

Die doel van hierdie kortkursusse is om ons personeel toe te rus om ’n basiese kennis van ’n addisionele taal te verkry om lewe te gee aan ons taalbeleid, en in die besonder die taalplanne wat daaruit voortvloei.

 

Die dekane gaan weer eens personeel uit hulle fakulteite aanwys om die kursusse by te woon, en sal ook die tale identifiseer wat vir die beste vir hul bepaalde leeromgewings sal wees.

 

Die Afrikaans- en Setswana-kursusse sal vroeg in 2020 regoor die kampusse begin, gevolg deur die Engelse en Sesotho-kursusse.

 

Bemeester die basiese beginsels

 

Prof Robert Balfour, die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, sê die idee is om aanvanklik basiese interpersoonlike kommunikasievaardighede in verskeie tale in die akademiese en ondersteuningsomgewings aan te moedig, en om dit oor die volgende paar jaar na meer gevorderde vlakke uit te brei.

 

“Die doel is dat dosente uiteindelik akademiese konsepte in ’n ander taal aan hul studente sal kan verduidelik,” sê hy.

 

Daar word in die vooruitsig gestel dat die beginnerskursusse in 2020 van stapel gestuur sal word. Die beginnerskursusse sal in 2021 herhaal word, terwyl oorgangs- en gevorderde kursusse onderskeidelik in 2021 en 2022 sal begin. Die ideaal is dat ons in 2023 al drie vlakke sal hê wat gelyktydig loop.

 

“Benewens die fondse waarvoor ons alreeds begroot het, sal ons moontlik ook vaardigheidsontwikkelingfondse vir verdere insette gebruik,” sê Robert.

Hierdie stappe behels ’n kortleerprogram wat dosente bemagtig om meertalige onderrigmetodes in die klaskamer te gebruik, asook verskeie kort taalverkrygingskursusse in die amptelike NWU-tale.

 

In hierdie artikel kyk ons eers na die onderrigkursus en dan na die taalverkrygingskursusse, waarvoor die Fakulteit Geesteswetenskappe verantwoordelik is.

Meertalige pedagogiek: verbeter onderrig en leer

Die Fakulteit Opvoedkunde het die kortleerprogram opgestel wat op meertalige onderrigmetodes in die klaskamer fokus.

Hierdie kursus sal vir dosente wys hoe om die diverse taal-repertoires wat dosente en studente na die klaskamer bring, te benut om die beste moontlike onderrig-en-leer-ervaring vir almal te bereik.

Dit behels vyf tweedagsessies per jaar wat regoor die NWU gehou gaan word. Die dekane het reeds 30 personeellede in die fakulteite geïdentifiseer om hierdie sessies by te woon, wat volgens die beplanning in Januarie 2020 sal begin.

“Hierdie dosente is reeds opgewonde om hierdie meertalige onderrigmetodes te implementeer,” sê dr Maryna Reyneke van die Fakulteit Opvoedkunde, wat die kursusontwikkelingspan lei.

Die 30 baanbrekers wat die kursus bywoon, sal drie dosente uit elkeen van die agt fakulteite insluit (een fakulteitsverteenwoordiger van elke kampus), plus twee personeellede van die Eenheid vir Oop Afstandsleer (UODL), en vier van die Taaldirektoraat, wat sal help om die implementering van die meertalige onderrigmetodes te fasiliteer.

Die idee, sê Maryna, is dat die dosente hul nuwe kennis sal terugneem na hulle fakulteite toe om hul kollegas op te lei en te inspireer.

Kyk op ’n ander manier na taal

“Ons wil hê ons dosente en studente moet die manier waarop hulle na taalgebruik in die klaskamer kyk, verander. Ons wil hê dat hulle mekaar moet help om die verskillende tale wat na die klaskamer gebring word op ’n funksionele en ontspanne manier te gebruik.”

Die meertalige onderrigmetodes sal aanvanklik net gebruik word in die eerstejaarsprogramme wat as vlagskipprogramme in ’n fakulteit geïdentifiseer is.