Andre Hattingh

Ben Zaaiman

 

Relebohile Baholo

Mari Berner

Yolande Bullock

 

 

Hannes Malan

Maria Mopelong

FR Bezuidenhout

Cora de Groot

Doret Kruger

Hannes Malan

Boipelo Sebesho

Tinus Vorster

Johann Coetzee

Gretha Duvenage

Ketlareng Polori

Die NWU is trots op sy navorsing en innovasie, wat van die beste in Suid-Afrika is. Ons het in 2018 ’n telling van vyf uit ’n moontlike vyf sterre vir innovasie (onder meer) in die wêreldwye Quacquarelli Symonds-gradering ontvang.

 

Daarby het die bibliometriemaatskappy Clarivate Analytics die NWU in 2017 as een van die topvyf innoverende universiteite in Suid-Afrika gelys.

 

Die TTIS-kantoor speel ’n baie belangrike rol in die instandhouding van die NWU se gradering vir innovasie.

 

Beskerming is die sleutel

 

Die NWU het hierdie toekennings gekry deur dit ’n prioriteit te maak om die IE van sy navorsers en innoveerders te beskerm. Hierdie IE sluit alle kommersialiseerbare navorsingsbevindings en nuwe tegnologieë in wat die universiteit en sy werknemers ontwikkel het.

 

Die TTIS-kantoor se primêre doelwit is om hierdie IE vanaf die NWU na bestaande maatskappye of na nuwe beginnerondernemings oor te dra sodat dit ontwikkel of gekommersialiseer kan word. Dit word gewoonlik deur middel van ’n lisensiëringsooreenkoms gedoen, waar die IE as nuwe produkte en dienste gekommersialiseer kan word.

 

Met hoofdirekteur dr Janine Chantson – ’n geregistreerde kundige in tegnologieoordrag – aan die stuur, verseker die TTIS-kantoor ook voldoening aan die Wet op Intellektuele Eiendom uit Navorsing en Ontwikkeling met Openbare Finansiering (Intellectual Property Rights from Publicly Financed Research and Development Act, Act 51 of 2008).

 

Gereed om te help

 

“Ons span bestaan uit opgeleide en ervare kundiges wat ’n verskeidenheid dienste aan die universiteit se navorsers en innoveerders bied om doeltreffende tegnologie-oordrag te verseker,” sê Janine.

 

“Fondsinsameling vir tegnologie-ontwikkeling, kommersialisering en aanvangskapitaal is steeds ’n kernfunksie van TTIS, en tans is die NWU se sentrale en unitêre fondsinsamelingsfunksie ook deel van ons kantoor.”

 

Van die NWU se kommersialiseringsuksesstories sluit in Afriforte, CFAM Technologies, Jonker Sailplanes, die Pheroid-tegnologie, CTexT, hittepompe (M-Tech), en TRADE Advisory.

WIE OM BY DIE TTIS-KANTOOR TE KONTAK

Dr Janine Chantson

Hoofdirekteur: Tegnologieoordrag en Innovasiesteun

 

Beleid, Strategie

en Navorsing

Bedryf

Fondsinsameling

Kommersialisering

Intellektuele Eiendom

en Kontrakte

 

 

TEGNOLOGIE-

OORDRAG EN INNOVASIE-

STEUN

(TTIS)

 

TTIS - waar idees in innovasie verander

ROL AF

Die beskerming van intellektuele eiendom (IE) is baie belangrik. As idees en innovasie nie beskerm word nie, kan enigeen dit vir hulleself toe-eien, en die universiteit, navorsers en innoveerders sal nie die voordele van hul harde werk geniet nie.