As jy mal is oor sokker, en kollegas het wat ook so voel, hoekom begin julle nie jul eie span by die NWU nie?

Trots NWU … die Black Pumas, agter van links, is Nkopane Moletsane, Mokgadi Mantje, Moss Letshwenyo, Dumisani Makhoba, Tebogo Makgale, Lehlohonolo Chachu, Jerome Mathiba, Odirile Mosiane en Shepherd Mthethwa. Voor is Samuel Mamathuntsha, Kabelo Mareli, Melvin Segrana, Alpha Dolopi, Mario Chauque en John Molefe.

Aubrey Fransman, dosent in geografie in die Fakulteit Opvoedkunde,

is een van die lede van die uitvoerende komitee van die Black Pumas.

  is jy nie alleen nie

As jy mal is oor

SOKKER,

Dit is wat die Black Pumas gedoen het – met die hulp van NWUWelstand.

 

Dit het alles begin toe ’n groep sokkergeesdriftiges van die Fakulteit Opvoedkunde op die kampus in Potchefstroom besluit het dat hulle meer aktief moet raak en voor die B5- en B6-gebou begin sokker speel het.

 

Hulle het na ander personeellede regoor die kampus uitgereik en uiteindelik NWUWelstand genader, wat hul verskillende sokkerbehoeftes geborg het, en gereël het dat hulle ’n oefengebied by die universiteit se sportgrond kry.

 

Die Black Pumas bestaan tans uit ongeveer 30 spelers van alle ouderdomme, en speel gereeld wedstryde teen onder andere spanne van die weermag, die Departement van Basiese Onderwys, en die landboukollege.

 

“Alles is oefening,” het Brasiliaanse sokkerster Pelé op ’n keer gesê. Met hierdie woorde in gedagte oefen hulle hard en dikwels, en pas hulle een van die belangrikste sokkerbeginsels toe, naamlik om met oorgawe te sweet.

 

Waar kom die naam vandaan?

 

Hoekom noem hulle hulleself die Black Pumas?

 

Kan dit ter ere wees van die Black Pearl wat dekades gelede een van Brasilië se beroemdste uitvoerprodukte was? Is die span vernoem na hierdie sokkerheld wat regoor die wêreld bewondering afgedwing het wanneer die skare die twee lettergrepe gedreunsing het wat sinoniem met hierdie pragtige spel geraak het: Pelé?

 

“Hy is inderdaad my gunstelingspeler van alle tye,” sê Aubrey Fransman, dosent in geografie in die Fakulteit Opvoedkunde, en een van die lede van die uitvoerende komitee van die Black Pumas.

 

“Maar ek het geen idee hoe die ouens by hierdie naam uitgekom het nie!” voeg hy laggend by.

 

Nog doelwitte lê voor

 

Die lede van die span wil die Black Pumas bekend maak – hulle sê mense moet van hulle weet.

 

Dit is egter nie die enigste doelwit wat hulle vir personeelsport by die NWU gestel het nie.

 

Die spanlede wil graag in die nabye toekoms by hul Mafikeng-kollegas in die Suider-Afrikaanse universiteite se personeelsportvereniging aan sluit.

Met Welstand se hulp is daar ook reeds ’n vrouesokkerspan en ’n netbalspan begin, en ’n krieketspan is ook in die visier.

 

“Ek is mal oor krieket,” sê Aubrey, en bly dan stil. “Hoewel … ná die afgelope drie wedstryde weet ek nie of ek nog so baie daarvan hou nie,” lag hy – met verwysing na die Proteas se drie opeenvolgende nederlae teen Engeland, Bangladesj en Indië in die IKK se Krieket Wêreldbeker.

 

Om weer die Black Pearl aan te haal: “Sukses kom nie vanself nie. Dis harde werk, deursettingsvermoë, leer, studie, opoffering, en bo alles ’n liefde vir wat jy doen of leer om te doen.”

 

Hierdie woorde vat alles saam waarvoor die Black Pumas staan. En hulle het maar pas begin.

 

As jy belangstel om by een van die personeelsportspanne aan te sluit, kontak gerus vir John Molefe (mansokker) of Rachel Masemola (vrouesokker en netbal).

 

ROL AF