Dis voor dagbreek en die nag se skaduwees hang nog oor die omgewing. In die skemeroggend beweeg donker figure oral in die park rond, gereed met handskoene en vullissakke.

 

Hulle is die dapper personeellede van Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking wat op 5 Junie die vroegdag-winterkoue trotseer het. Ná ’n vinnige koppie koffie om hulle aan die gang te kry, het hulle by die Cachetpark-stadsverbeteringsdisktrik aangesluit om die Wasgoedspruit-park in Potchefstroom skoon te maak.

 

Die NWU-gelukbringer Eagi en sy vriend Pukki was ook daar om die groep aan te moedig. Hoeveel vullis dié twee karnallies werklik opgetel het, is natuurlik ’n ope vraag …

 

 

Saamspan vir skoonmaak

Dis wie ons is

 

Kyk hoe die span van Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking die

Wasgoedspruit-park in Potchefstroom help skoonmaak.

ROL AF

-BESONDERHEDE

Redaksie:

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie:

Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of

Interne bussie 260

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.