vir Lebo en die SA Gaels

Die Suid-Afrikaanse Gaels met Lebo Makaela tweede van regs in die agterste ry.

ROL AF

Met hul vasberadenheid, indrukwekkende vaardighede en respek vir die spel en vir hulle opponente is dit duidelik waarom die Suid-Afrikaanse Gaels die Suid-Afrikaanse Vroue Gaeliese Voetbal se junior kampioene is.

Hierdie vroue het 2018 afgesluit deur die Fexco Asian Gaelic Spele te wen en die harte van hul opponente verower. Dié span het Lebo Maekela van Inwoning en Voedseldienste op die kampus in Vanderbijlpark ingesluit.

 

Afskop in Ierland

 

Gaeliese voetbal het in Ierland begin en het die afgelope paar jaar wêreldwyd gewild geword.

 

Dit word tussen twee spanne van 15 spelers elk gespeel, met doelpale wat amper lyk soos dié wat in rugby gebruik word, maar met ’n net onder die dwarslat. Die doel daarvan is om die ronde bal vir drie punte in die net in, of vir een punt bo-oor die dwarslat, te skop of te slaan. Die spel word in twee helftes van 30 minute elk gespeel.

 

Die Asian Gaelic Games verwelkom deelnemers van regoor Asië, en sedert 2015 ook vanaf die suidelike punt van Afrika.

 

Die Suid-Afrikaanse Gaels het ná ’n reis van 24 uur in Bangkok geland. Hierdie reis was ’n gepaste beloning vir ’n grootskaalse fondsinsamelingspoging wat verseker het dat elke speler die geleentheid kon kry om te gaan. Vir sommige spelers soos Lebo was dit hulle eerste reis oorsee.

 

 

TERUG