Met ondersteuning en inspirasie aan studente en dosente, is die personeel van die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) die noodsaaklike ratte wat die wiele in die klaskamers aan die draai hou.

 

“Ons uiteindelike doelwit is om akademiese personeel te inspireer om hul onderrig- en leervaardighede te verbeter, en om akademiese steun aan studente op hulle pad na sukses te verskaf,” sê hoofdirekteur prof Willie van Vollenhoven.

 

Met ’n fokus op strategie, bedryfsplanne en begroting, bestuur en koördineer Willie alle funksies van die SOL.

 

Ná verlede jaar se herstrukturering en die herbelyning van aktiwiteite, fokus die SOL nou meer op fakulteitsteun en professionele ontwikkeling, en het die sentrum nou minder van ’n kampus- of silo-ingesteldheid, sê Willie.

 

Die sentrum se drie direktorate fokus onderskeidelik op onderrig- en leerondersteuning, gesentraliseerde funksies, en gespesialiseerde projekte en navorsing.

 

Vier domeinkoördineerders maak seker dat die kernbesigheid van die SOL op die voorpunt bly en koördineer die werk oor die drie direktorate heen.

KENNIS DRAAI

LAAT DIE WIELE VAN

ROL AF

SÓ LYK DIE NUWE SOL-STRUKTUUR

Hierdie direktoraat ondersteun die fakulteite wat betref akademiese program- en module-ontwerp, vervlegde leer, onderrig-leer- en assesseringstrategieë, steun aan nuwe dosente, lesingevaluering deur studente, werkswinkels, onderriguitnemendheid en IT-integrasie. Hulle ondersteun ook studente deur middel van mentorskappe, tutors en aanvullende onderrig.
Dié direktoraat se talle verantwoordelikhede sluit in ondersteuning ten opsigte van die digitale onderrig- en leeromgewing, eFundi, kampusinduksieprogramme, multimedia-ontwikkeling, studiegidse, SOL-infrastruktuur, leeslaboratorium en leerruimtes.
Hierdie direktoraat verleen hulp met projekte en navorsing oor onder andere Vakkundigheid van Onderrig en Leer (VvOL), internasionale mobiliteit, dosentevaluering deur studente, die digitale omgewing, webblad en kommunikasie, die eerstejaarservaring, onderrig-leerinnovasie, kapasiteitsontwikkelingstoekennings, oop afstandleer, kortleerprogramme en vroeëwaarskuwingstelsels.

Domein-
koördineerders:

  • Yolani Geldenhuys: Leerontwerp
  • Dr Nomasomi Morule: Studente akademiese ontwikkeling en steun
  • Dr Marieta Jansen van Vuuren: Akademiese professionele ontwikkeling
  • Rassie Louw: Leeromgewing

TERUG

Prof Willie van Vollenhoven,

Hoofdirekteur: SOL

Beweeg oor die foto's hieronder om meer te lees.