Soos julle kan sien, was Eish! op ’n dieet, het sy ’n ontrimpeling gehad en spog sy met ’n splinternuwe klerekas. Hierdie nuwe voorkoms is omdat julle gepraat, en ons geluister het.

FOKUS OP

het ’n nuwe voorkoms!

In ’n interne kommunikasie-opname waaraan julle verlede jaar deelgeneem het, was ’n deel van die terugvoering dat ons te veel verskillende kommunikasiekanale het en te veel nuusstories op hierdie kanale herhaal.

 

Julle wou ook met een oogopslag die hele storie-spyskaart sien, sonder dat julle deur die publikasie hoef te blaai om te sien watter artikels julle monde laat water.

 

Kom ons kyk wat ons alles gedoen het.

 

ʼn Gereëlde huwelik

 

Om die getal kommunikasiekanale te verminder en die duplisering van stories uit te skakel, het Eish! met ’n ander NWU-nuusbrief, NWU aan die Voorpunt, afgehaak.

 

Eish! het haar nooiensvan behou, maar min of meer die voorkoms en gevoel van die voorblad van NWU aan die Voorpunt aangeneem, soos gesien kan word in die e-pos waarmee hierdie nuusbrief uitgestuur is.

 

Meer dikwels, met minder stories

 

Eish! is nou ’n maandelikse personeelnuusbrief wat op die eerste Donderdag van elke maand in jou e-pos se inmandjie gaan beland. In plaas van ’n ellelange lys stories, is daar nou net ’n handjievol artikels per uitgawe.

 

Tik, tak, sê die horlosie op die rak

 

Om vir jou nog meer tyd te bespaar, word die (korter) stories almal gelys in die e-pos wat jy ontvang. Met ander woorde, jy hoef nie ure lank te ploeter en te blaai voordat jy kan kies wat jy wil lees nie.

 

Klap, knetter en kraak

 

Vergeleke met die tydgebonde “harde” nuus het die Eish!-stories nou ’n langer raklewe en ’n sagter aanslag. (Dink: sagte Eish!-doughnut teenoor die krakende koerant-peanut brittle.)

 

Maar moenie bekommerd raak nie: vir dié wat steeds die sterker aanslag verkies, is daar ’n skakel na ons NWU-webwerf waar julle die “harder” nuusstories kan kry. Nog ’n skakel neem julle na waar die NWU in die media genoem word – ’n afdeling wat deel was van NWU aan die Voorpunt.

 

Wel, geniet die slanker Eish! en laat ons weet wat jy van haar nuwe voorkoms dink.