>

LEES MEER

>

 

 

 

 

 

 

 

Strategiese Intelligensie is ook vir die volgende verantwoordelik:

 

  • Die verskillende Hoëronderwys-inligtingsbestuurstelsel-voorleggings (HEMIS-voorleggings) aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, wat dit moontlik maak om subsidie-inkomste te bereken.
  • Hulp met die berekening en verdeling van die interne subsidie-inkomste.
  • Die berekening en insleutel van die jaarlikse onderriggeld.
  • Hulp met die proses van die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde (IKAS) om belyning met die Suid-Afrikaanse Hoëronderwys-kwalifikasie-subraamwerk (HOK-subraamwerk) te verseker.
  • Ontwikkeling en instandhouding van die NWU se datapakhuis en die verskillende instrumente vir verslagdoening en kontroleskerms.

 

 

Strategiese Intelligensie verseker ’n mededingingsvoordeel. Deur tendense, risiko’s en geleenthede binne die hoëronderwyssektor te verstaan, kan die senior bestuur die beplanning van die NWU suksesvol stuur om sy doelwitte te bereik.

 

Só sê Jan-Hendrik Viljoen, die bestuurder van Strategiese Intelligensie, wat deel is van die Eenheid vir *Geïntegreerde Beplanning en Strategiese Intelligensie (GBSI) wat tydens die onlangse herstrukturering van die NWU tot stand gekom het.

 

Meer oor Strategiese Intelligensie

 

Die konsep van strategiese intelligensie het sy oorsprong in die militêre omgewing, maar die implementering en waarde daarvan is baie wyer en kan deesdae op die meeste instellings van toepassing gemaak word, sê Jan-Hendrik.

 

Strategiese intelligensie kombineer konsepte soos bestuursinligting, sake-intelligensie, mededingingsintelligensie en kennisbestuur.

 

In die geval van die NWU word strategiese intelligensie gebruik om hoëronderwysdata te identifiseer en te interpreteer, soos om die NWU se posisie in die sektor te vergelyk en te ondersoek. Die waarde van die intelligensie is dat dit die gebruiker toelaat om risiko’s en geleenthede te identifiseer, en om aanbevelings te maak oor hoe om die risiko’s te beperk en die geleenthede te benut.

 

Jan-Hendrik verduidelik dat sy departement in die verlede sterk daarop gefokus het om datastelle aan gebruikers te verskaf sonder om die data te ondersoek of ’n dieper insig daarin te verskaf.

 

Daar was intussen ’n verskuiwing in die fokus op die verskaffing van taktiese inligting en die skep van kennis deur middel van onder meer data-ontginning, statistiese en voorspellende modellering. Hierdie inligting word dan gebruik om die NWU se strategie uit te voer en daaglikse bedrywighede te bestuur.

 

Strategiese intelligensie en inligtingsontleding vorm ook deel van die probleemoplossingsproses deur aan besluitnemers die geleentheid te verskaf om verskillende scenario’s oor toekomstige ontwikkelings, patrone, bedreigings, risiko’s en geleenthede te oorweeg.

 

’n Praktiese voorbeeld

 

’n Goeie voorbeeld van die tipe data-ontdekking wat gedoen word, is die ondersoek wat Strategiese Intelligensie verlede jaar ten opsigte van die sukses van studente in uitgebreide programme gedoen het. Die spanlede het na studente se prestasie in die verskillende programme en die invloed van verskillende prestasie-aanwysers, soos matriekuitslae, TPT-tellings en taal gekyk. Aanbevelings oor moontlike intervensies, soos die hersiening van toelatingsvereistes, is aan die bestuur voorgelê.

Strategiese Intelligensie

Strategiese Intelligensie delf diep vir insig

Prof Linda du Plessis

Adjunk-visekanselier: Geïntegreerde Beplanning en Vaaldriehoekkampus-bedrywighede

Riaan
Jansen van Vuuren
Spesialis: Strategiese Intelligensie

 

Strategiese Intelligensie

Jan-Hendrik Viljoen

Direkteur: Strategiese Intelligensie

Sanri
Joubert
Spesialis: Strategiese Intelligensie

Anton
Styger
Spesialis: Strategiese Intelligensie

Retha
van Deventer
Spesialis: Strategiese Intelligensie

Vacant
Spesialis: Strategiese Intelligensie

Ronell
Pietersen
Senior administratiewe beampte

Vacant

Spesialis: Strategiese Intelligensie

Het jy geweet?

 

Die inligting wat deur Strategiese Intelligensie geproduseer word, is beskikbaar aan enige NWU-personeellid wat tot die data en verslagdoeningsomgewing toegang het.

 

Die enigste uitsondering is wanneer persoonlike inligting, wat onder die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting val, deel van die versoek vir data is. In hierdie geval moet ’n formele aansoek vir toegang tot inligting aan die NWU se Korporatiewe en Inligtingsbestuursdienste gerig word.

 

Strategiese Intelligensie het ’n verslagdoeningspoort op die personeel se intranet waar verskillende tipes data beskikbaar is, insluitende data oor studente, personeel en navorsing. Hierdie poort is deur middel van hulle universiteit-gebruikersname en wagwoorde vir alle personeel beskikbaar. (Gaan na die personeel se intranet en klik op Nuttige Hulpmiddels in die boonste balkie en dan op Strategiese Intelligensie: HEDA-paneelbordverslae).

 

Die data wat ’n gebruiker wil hê, kan soms meer gedetailleerd wees of van ’n komplekse aard wees. Hierdie versoeke kan na Ronell Pietersen gestuur word.

*GBSI bestaan ook uit twee ander eenhede, naamlik Kwaliteitsverbetering (sien vorige Eish!) en Institusionele Navorsing (laasgenoemde moet nog ontwikkel word). Die lynbestuurder van GBSI is prof Linda du Plessis, wat die adjunk-visekanselier vir beplanning en vir kampusbedrywighede in Vanderbijlpark is.

In hierdie artikel in ons reeks oor strukture by die NWU kyk ons na Strategiese Intelligensie, wat vroeër as Bestuursinligting bekend gestaan het.

Geïntegreerde Beplanning en

Strategiese Intelligensie (GBSI)

 

Kwaliteitsverbetering