>

LEES MEER

>

Daar’s ’n nuwe

benadering tot kwaliteit

Kwaliteitsbevordering is deel van die nuwe afdeling genaamd Geïntegreerde Beplanning en Strategiese Intelligensie (Engels: IPSI) wat tydens die onlangse herstrukturering van die NWU gevestig is. IPSI bestaan ook uit ander eenhede, naamlik Strategiese Intelligensie (voorheen bekend as Bestuursinligting) en Institusionele Navorsing (wat nog ontwikkel moet word).

 

Die lynbestuurder by IPSI is prof Linda du Plessis, wat die adjunk-visekanselier vir geïntegreerde beplanning en vir kampusbedrywighede in Vanderbijlpark is.

 

Twee afdelings en ’n nuwe benadering

 

Die Kwaliteitsbevorderingskantoor bestaan uit twee afdelings: een vir akademiese programme en die ander vir ondersteuningsdepartemente. Aan die akademiese kant sal die evaluering van kwalifikasies en programme soos in die verlede voortgaan, maar die ondersteuningskant spog met ’n nuwe benadering.

 

Johanna Müller, kwaliteitsbestuurder vir ondersteuningsdepartemente, sê hulle nuwe benadering gaan alles oor die bemagtiging van ondersteuningspersoneel deur middel van werkswinkels. Dit is om te verseker dat hulle die vaardighede het om van van die begin af aan werk van die hoogste gehalte te lewer, en dieselfde diens op al drie kampusse te verskaf.

 

Johanna sê die langtermyndoelwit is om elke departement se nuwe, belynde kwaliteitshandleiding saam te stel.

 

Eerste om bemagtig te word

 

Die eerste om in 2018 deur hierdie nuwe benadering bemagtig te word, is die volgende departemente:

 

  • Loopbaansentrum
  • Hoër Grade-administrasie (HGA)
  • Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)
  • Mense en Kultuur

 

Vooruitskouing

 

In 2019 beoog die Kwaliteitsbevorderingskantoor om die Studentelewe-departement deur middel van werkswinkels te bemagtig.

 

“Hierdie werkswinkels sal op nuwe en belynde prosesse vir die drie kampusse fokus en temas soos ’n departement se visie, strategie, doelwitte, nakoming, rolduidelikheid, kwaliteitsversekering en risikobestuur hanteer,” sê Johanna.

 

Wees op die uitkyk vir die volgende aflewering van Strukture 101, aangesien ons die kollig op die IPSI se tweede been, naamlik Strategiese Intelligensie, sal laat val.

KWALITEITSBEVORDERING

Antoinette Vermeulen

Kwaliteitsbestuurder: Akademiese Programme

Tommy Pietersen

Senior Administratiewe Beampte

Prof Linda du Plessis

Adjunk-visekanselier: Geïntegreerde Beplanning en
kampusbedrywighede, Vaaldriehoekkampus

Dr Jannie Jacobsz

Direkteur: Kwaliteitsbevordering

Johanna Müller

Kwaliteitsbestuurder: Ondersteunings-dienste

Johan Erasmus

Kwaliteits-
koördineerder

Geïntegreerde Beplanning en Strategiese Intelligensie (IPSI)

In hierdie aflewering van ons reeks oor strukture aan die NWU kyk ons
na wat nuut is by Kwaliteitsbevordering, voorheen bekend as die Kwaliteitskantoor.

Strategiese Intelligensie

 

Kwaliteitsbevordering