>

LEES MEER

>

Biblioteek en Inligtingsdienste-beleid:

WAAROM DIT JOU RAAK

Dit is veral waar by ’n akademiese instelling soos die NWU, en daarom is die beleid vir Biblioteek en Inligtingsdienste (BID) van besondere belang.

 

Die hoofdoelwitte van die beleid is die volgende:

 

  • Dit verskaf leiding oor die gebruik en bestuur van BID-hulpbronne en -dienste.
  • Dit posisioneer BID as unitêre stelsel.
  • Dit verseker die gelyke verspreiding van BID-hulpbronne.

 

Die BID-beleid spel die rol van bestuur uit om beleide, reëls en regulasies aan alle rolspelers beskikbaar te stel en maak dit duidelik dat die BID ’n aktiewe vennoot in innoverende onderrig en leer en in baanbrekernavorsing by die NWU moet wees. Die verskaffing, instandhouding en verbetering van sy dienste moet volhoubaar en kostedoeltreffend wees.

 

BID moet ook deel van die wêreldwye biblioteek- en inligtingsdienstegemeenskap wees en nasionale en internasionale samewerking bevorder.

 

Die beleid gaan verder oor kwessies rondom beheer, kommunikasie, die ontwikkeling en bestuur van versamelings, die lewer van dienste, opleiding in inligtinggeletterdheid, navorsingsondersteuning en eksterne samewerking.

 

Die beleid verduidelik ook die rolle, regte en verantwoordelikhede van die BID-bestuur en -gebruikers.

 

Net soos met ander beleide by die NWU, moet die BID-beleid ook elke vyf jaar hersien word en moet die Senaat en die Raad dit goedkeur, met inagneming van enige voorstelle vir wysigings deur biblioteekgebruikers.

Die skrywer Neil Gaiman het eenmaal gesê: “Google kan vir jou

100 000 antwoorde bring, maar ’n bibliotekaris kan vir jou die regte een verskaf.”