>

LEES MEER

>

Moenie sê bedryfsielkunde is ’n “sagte” vakgebied nie. Marelie Botha, ’n finalejaarstudent in bedryfsielkunde op die NWU se kampus in Vanderbijlpark het so pas haar tweede dan in karate ontvang.

Marelie kan ’n goeie hou plant

 

Marelie is in Vanderbijlpark gebore en het daar grootgeword. Sy het haar matriek aan die plaaslike Hoërskool Driehoek voltooi. Selfs op daardie stadium moes sy die balans tussen haar akademie en sportaktiwiteite – wat waterpolo, gimnastiek, tennis en karate ingesluit het – noukeurig bestuur. “My daaglikse sportprogram het teen 21:00 geëindig,” onthou sy. “Dan was dit tyd vir huiswerk; ek het my leerwerk soggens gedoen.”

 

Leer buite die klaskamer

 

Wanneer sy nie karate oefen of afrig nie, gee Marelie haar aandag aan haar bedryfsielkundestudies.

 

Sy skryf haar belangstelling in hierdie studiegebied toe aan haar gesin en aan Sondae se gesprekke om die middagete-tafel.

 

Haar oupa, prof Joppie van Graan, is ’n gerespekteerde afgetrede professor wat baie jare lank by die NWU klasgegee het. Hy is met dr Karen van der Merwe van die NWU se Sielkunde-vakgroep getroud. Marelie se ma, prof Elrie Botha, is aan die hoof van die Bedryfsielkunde-vakgroep op die kampus in Vanderbijlpark. Haar oom, die bekende kunstenaar Danie van Graan, het ’n ander rigting ingeslaan en het ’n unieke kunsterapieprogram vir kinders.

 

“My oupa se navorsingsbelangstelling lê by die sielkundige konsep van energie. Ek het dus in die tweedejaar-sielkundeklas, toe ons geleer het op watter maniere stres ’n mens kan help, dit in my sport en in my lewe begin toepas,” sê sy.

 

Sy gebruik steeds van dieselfde roetines wat sy moes bemeester om haar geel gordel te verwerf. Hierdie soort toewyding aan uitnemendheid is waarom sy van hierdie sport hou: “Dieselfde toewyding om al hoe beter te doen, kan toegepas word op enigiets wat jy doen.”

 

Wat is volgende?

 

Sy is beslis nie bang vir harde werk nie. Marelie is gereed om in 2019 vir haar honneursgraad in bedryfsielkunde in te skryf. Sy beplan om kort daarna te begin werk terwyl sy haar meestersgraad deeltyds voltooi.

 

“Ek doen reeds assistent- en veldwerk as ek die geleentheid kry,” sê Marelie, wat ook in die middae as au pair werk en as tutor vir ’n kind met outisme optree, en natuurlik ook karate afrig.

 

“Ek hoop om na die akademie terug te keer, my PhD te doen en voltyds klas te gee,” sê sy. Dit sal beteken dat sy in haar ma se voetspore sal volg, iemand wat sy as haar beste vriendin beskryf. “Daar was nog nie een dag in my lewe wanneer my ma nie aan my gedink het nie,” glimlag sy. “Met elke besluit wat sy geneem het, het sy my in gedagte gehou.”

 

Hierdie verhouding het aan Marelie ’n sterk selfgevoel gegee en ’n duidelike visie van waarheen sy op pad is en hoe om daar te kom.

 

 

 

 

Marelie sê karate het haar van dissipline en respek teenoor ander geleer.