V: NWUtv is in die begin van April bekendgestel. Waarom het die universiteit hierdie kanaal geskep?

A: Dit is ʼn belangrike hulpmiddel om die nuwe strategiese rigting van die NWU te kommunikeer. Ons glo dit sal ʼn doeltreffende instrument vir prof Dan Kgwadi, die visekanselier, wees om belangrike inligting rakende die implementering en werking van die universiteit se nuwe bedryfsmodel te kommunikeer. Die kanaal sal ook as platform dien om die prestasies van die instansie, gemeenskaps-betrokkenheid, navorsing en innovasie-projekte en goeienuus-stories te kommunikeer.

 

V: Wie hoop die NWU om via NWUtv te bereik?

A: Al ons belanghebbers, insluitende

eksterne gehore soos alumni, besighede, donateurs, die regering en voornemende studente.

 

V: Wat wil die NWU met NWUtv bereik – is dit slegs vir vermaak- en kommunikasiedoeleindes?

A: Die doel van die kanaal is om die belanghebbers van die universiteit nader aan mekaar te bring. Ons glo dit is ʼn kanaal wat eenheid sal bevorder, veral tussen die drie kampusse. Dit is ook ʼn handige hulpmiddel om prestasies, projekte en gebeure by die NWU bekend te stel.

 

V: Watter inhoud is tans op die NWUtv-kanaal beskikbaar?

A: Ons het tans video's wat hoofsaaklik op gemeenskaps-

betrokkenheid fokus.

Volgens Musa Zanempi, handelsmerkspesialis by die NWU se Institusionele Kantoor, is NWUtv ʼn wonderlike platform vir alle belanghebbers van die universiteit.

>

LEES

>

NWUtv

-kanaal

klik hier om

 skermskote te sien