Dit is informatiewe video's wat ʼn oorsig gee oor sommige van die gemeen-skapsbetrokkenheidsprojekte waarby die NWU betrokke is. Die inhoud sal gereeld bygewerk word.

 

V: Wat maak NWUtv ʼn opwindende kanaal om te gebruik?

A: Daar is soveel verskillende dinge wat gedoen kan word. Ons begin nou maar eers al die moontlikhede ondersoek; ons kyk ook tans na die moontlikheid om in die toekoms digitale veldtogte op die kanaal te loods. Die NWU het ʼn goeie storie om te vertel en NWUtv is ʼn goeie medium om dit mee te vertel. Ek moedig almal aan om in te teken op die kanaal en op die uitkyk te wees vir nuwe inhoud wat gereeld gepubliseer sal word.

 

 

V: Wie kan almal video’s tot die kanaal bydra?

A: Enigiemand wat relevante inligting het of wat reeds video's vervaardig het wat hulle graag wil deel, is welkom om bydraes te maak. Hulle kan my bel as hulle ondersteuning en advies oor video's en die vervaardiging van videomateriaal nodig het. Ek sal vir hulle die kontakbesonderhede van gekwalifiseerde videograwe gee.

 

V: Waarom behoort die NWU se belanghebbers hierdie nuwe digitale kanaal met entoesiasme te aanvaar?

A: Dit is net die begin van iets groters wat die potensiaal het om die NWU-handelsmerk uit te bou en ten toon te stel – ʼn handelsmerk waarop almal trots kan wees.

Volgens Musa Zanempi, handelsmerkspesialis by die NWU se Institusionele Kantoor, is NWUtv ʼn wonderlike platform vir alle belanghebbers van die universiteit.

>

>

NWUtv

-kanaal

TERUG

klik hier om

 skermskote te sien