n baie kulture is olifante simbole van leierskap, krag en wysheid. 
   Dit het die Fakulteit Opvoedingswetenskappe geïnspireer om ʼn   
   groot olifantstandbeeld op te rig.

 

“Die olifant simboliseer die fakulteit se strewe na uitnemendheid, en omhels tegelykertyd diversiteit en gemeenskap,” sê prof Robert Balfour, dekaan van die fakulteit, wat die projek van stapel gestuur het.

 

Vele hande, ligte werk

Hy sê die idee met die projek is dat die fakulteit se personeel, studente en lede van die gemeenskap moet saamwerk om dit te bou. Groepe kinders van die Abraham Kriel Kinder- en Jeugsorgsentrum, Potchefstroom Gimnasium en die Sanbona Women’s Group het almal aan die standbeeld gewerk en sal by die projek betrokke wees totdat dit voltooi is.

 

Die standbeeld bied uitstekende leergeleenthede vir studente en personeel. Onderwysstudente het aan die voorafsketse van die olifant deelgeneem, BEd Tegnologie-studente het die raamwerk gebou en die ontwikkeling van die projek is geïnkorporeer in ʼn module vir vierdejaar-BEd-studente wat kreatiewe en uitvoerende kunste as vak het.

 

Drie kwartale om projek te voltooi

Die olifant sal gedurende die eerste drie kwartale van vanjaar gebou word en die voltooide standbeeld sal in September onthul word. Die fakulteit beplan ʼn kompetisie om ʼn geskikte naam vir die olifant te kies. Dit word tans in gebou C6 se binnehof opgerig.

 

Vir verdere inligting of om die vordering van die projek te volg, besoek asseblief die Fakulteit Opvoedingswetenskappe se Facebookblad. Umcebo Designs gee advies en leiding met betrekking tot die projek.

 

Klik op die skakels.

 

 

I

Merna Meyer, dosent van Kreatiewe en Uitvoerende Kunste in Onderwys, met mosaïek wat gebruik sal word vir die voetstuk waarop die voltooide olifant uiteindelik triomfantelik sal staan.

Die standbeeld neem vorm aan – die olifantprojek is ʼn groepspoging. BEd Tegnologie-personeel en -studente het die raamwerk gebou, terwyl kuns- en ander studente, personeel en kinders van die gemeenskap ʼn hand bysit met die versiering van die raamwerk.

TERUG

Die Fakulteit Opvoedingswetenskappe op die Potchefstroomkampus het ʼn spesiale projek aangepak wat personeel, studente én lede van die gemeenskap betrek. Hulle bou ʼn reusestandbeeld van ʼn olifant wat die fakulteit se waardes en hoop vir onderwys in Suid-Afrika uitbeeld.

Olifant

versinnebeeld fakulteit se waardes

Die voormalige Potchefstroomse Onderwyskollege, tans die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, het altyd ʼn olifantstandbeeldjie in die middel van die fontein voor die hoofgebou gehad. Die huidige projek gee nuwe lewe en dieper betekenis aan ʼn ou simbool en herinner baie alumni aan studentepret. Die oorspronklike standbeeld kan steeds in die museum in gebou C6 op die Potchefstroomkampus gesien word.

>

>