Mei 2022

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes

Welkom by die derde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

bible

Jong plantkundige bevorder navorsing wat relevant is

Afrika is volop plante wat vir voedsel en medisyne gebruik kan word, en 'n jong plantkundige aan die NWU en sy navorsingsmedewerkers is vasbeslote om te verseker dat gemeenskappe self uit die ryk plantlewe rondom hulle voordeel trek.

 LEES MEER

Regsprofessor verbeter NNS C-gradering na 'n uitmuntende B

Prof Christa Rautenbach se harde werk oor regspluralisme en kulturele diversiteit het uiteindelik vrugte afgewerp toe sy in die hoogs kompeterende graderingsproses van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) 'n B-gradering ontvang het.

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Eerste studie oor omgewings- maatskaplike werk

Klimaatsverandering, ver-nietiging van die omgewing en die ineenstorting van biodiversiteit hou 'n ernstige bedreiging vir die planeet en die mens in, en veral vir arm en gemarginaliseerde gemeenskappe. Die bedrei-ging kan selfs groter wees vir die burgers van Suid-Afrika, aangesien die Suider-Afrikaanse streek as 'n sensitiewe kerngebied geïdentifiseer is. Suid-Afrika het die afgelope paar jaar beduidende veranderings in weerpatrone ervaar, wat die bekommernisse oor die impak daarvan op kwesbare mense net vererger. Dit het weer aanleiding gegee tot 'n nuwe tak van maatskaplike werk – omgewings- maatskaplike werk.

 LEES MEER

Luister na die stemme van inheemse gemeenskappe

"Vennootskappe tussen die regering, die privaat sektor en die burgerlike samelewing is noodsaaklik vir enige agenda vir volhoubare ontwikkeling. Ervaring in Afrika het egter getoon dat deelname deur plaaslike gemeenskappe aan ontwikkelingsprojekte selde interaktief of bemagtigend is," sê Otsile Maditsi, 'n PhD-kandidaat en dosent by die NWU se Sentrum vir Inheemse Kennisstelsels. Dit hoef egter nie die geval te wees nie. Hy redeneer dat inheemse gemeenskappe van praktyk 'n platform verskaf waar die stemme, regte, kennis en ervarings van plaaslike gemeen-skappe gehoor kan word.

 LEES MEER

NNS-gradering vir die jongste medeprof in dierewetenskap

Boerdery is in prof Kenny Mnisi se bloed, en sy lewenslange passie vir dierewetenskappe dra uiteindelik vrug. Prof Mnisi, wat by die Skool vir Landbouwetenskappe op die Mahikengkampus werk, het 'n Y2-gradering ontvang van die Nasionale Navorsingstigting (NNS), wat bekend is vir hulle streng en robuuste graderingsproses. "Om 'n Y2-gradering te ontvang, is net die eerste sport van die leer, en ek glo dat met die regte hulpbronne, geriewe en ondersteuningsbasis, ek eendag saam met ander kundiges in dierewetenskap aan die bopunt van die piramide sal sit," sê 'n verheugde prof Mnisi.

 LEES MEER

bible

Waarom vroeë sifting vir bloeddruk by kinders noodsaaklik is

Hoë bloeddruk is nie net 'n siekte by volwassenes nie, maar begin tydens die kinderjare en duur tot in volwassenheid. In 'n studie wat deur die Hipertensie in Afrika-navorsingspan uitgevoer is, beklemtoon navorsers die belangrikheid van sifting by kinders, veral swart kinders, vir verhoogde bloeddruk. Die studie word "Elevated blood pressure positively associates with alpha-1 microglobulin in prepubescent children: the ExAMIN Youth SA study" genoem.

 LEES MEER

Studie bevind dat ongeteerde strate lugbesoedeling bevorder

Die brand van fossielbrandstowwe en industriële vrystellings is van die vernaamste bronne van lugbesoedeling in Suid-Afrika. Daar is egter ander bronne wat in woon-gebiede aangetref word, byvoorbeeld ongeteerde strate, waarvan daar baie in lae-inkomstewoongebiede in Suid-Afrika is. Lugbesoedeling is een van die vernaamste omgewingsprobleme wat 'n negatiewe impak op menslike gesondheid en die algemene omgewing het.

 LEES MEER

Ontmoet ons navorsers

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe doen opwindende werk op die navorsingsfront. Ons stel drie navorsers van hierdie fakulteit bekend.

immagine3 immagine4 immagine5

Dr Christi Niesing van die Afrika-eenheid vir Trans-dissiplinêre Gesondheid-navorsing is 'n kundige in volhoubare ontwikkeling.
Sy vertel wat die navor-singsfokus behels sodat menslike gedragsveran-dering ten opsigte van volhoubare gesondheids-bevordering verstaan kan word. Haar studie is kom-pleks maar baie opwindend, en sal 'n besliste impak op voetsoolvlak hê.

 KYK VIDEO

Dr Yolandi Breet is 'n senior lektor en navorser op die gebied van kardiovas-kulêre fisiologie, en is die vakleier vir Fisiologie. Haar navorsing fokus op die faktore wat tot die ontwik-keling van hipertensie en kardiovaskulêre siekte lei. Haar spesifieke belangstel-lings sluit die verstywing van die groot slagare en vroeë vaskulêre veroudering in.



 KYK VIDEO

Dr Sonette du Preez van die Beroepshigiëne en Gesondheidnavorsings-inisiatief fokus op die identi-fisering van die gesond-heidsrisiko's wat met laag-vervaardiging verband hou. Die doel van haar navorsing is ook om belangrike inlig-ting te verskaf vir die oplei-ding van werknemers oor die gesondheidsrisiko's verbonde aan die blootstel-ling aan materiale wat in laagvervaardiging gebruik word.

 KYK VIDEO

facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.