Mei 2022

NWU se navorsing plaas kundigheid in die kollig

Welkom by die derde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

streetfood

Stemme van inheemse gemeenskappe van praktyk moet gehoor word

"Vennootskappe tussen die regering, die privaat sektor en die burgerlike samelewing is noodsaaklik vir enige agenda vir volhoubare ontwikkeling. Ervaring in Afrika het egter getoon dat deelname deur plaaslike gemeenskappe aan ontwikkelingsprojekte selde interaktief of bemagtigend is," sê Otsile Maditsi, 'n PhD-kandidaat en dosent by die NWU se Sentrum vir Inheemse Kennisstelsels (IKS).

Dit hoef egter nie die geval te wees nie. Otsile redeneer in sy PhD-navorsing dat inheemse gemeenskappe van praktyk (GvP's) 'n platform verskaf waar die stemme, regte, kennis en ervarings van plaaslike gemeenskappe gehoor, gerespekteer en by onderhandelinge op ontwikkelings-agendas ingesluit kan word.

immagine1

Otsile Maditsi

Die onderwerp van die navorsing is "The role of indigenous communities of practice in fostering community engagement and partnerships for sustainable development in Africa".

Otsile sê die kern van gemeenskapsbetrokkenheid en vennootskappe is dat dit inklusief, responsief, billik en eties moet wees.

"'n Inheemse gemeenskap van praktyk word ontwikkel, verkry en bestuur deur 'n samehorige groep mense wat gewoonlik eties of kultureel verbonde is en inheemse kennis gebruik om probleme te hanteer om te kan oorleef."

GvP's is grootliks produkte van plaaslike inheemse kennis- en regeringstelsels, sê hy. Sy navorsing gebruik 'n tematiese ontleding van twee Suid-Afrikaanse GvP's om te illustreer hoe die beginsels, waardes, gedeelde visie en doelwitte van volhoubare gemeenskaps-betrokkenheid en vennootskappe onder belanghebbers gebou kan word.

"Inheemse kennis is die maatskaplike kapitaal van enige gemeenskap, en ontwikkelings-agentskappe in Afrika gebruik GvP's saam met die produsente, bevorderaars en praktisyns van kennis as pilare en boublokke om volhoubare betrokkenheid en vennootskapbane te sluit," sê Otsile.

 TERUG:
NWU-navorsers voer SA se eerste studie
oor omgewings- maatskaplike werk uit
 VOLGENDE:
NNS-gradering vir die jongste
medeprofessor in dierewetenskap
facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.