’n Helpende hand

 

Mense en Kultuur verstaan die belangrikheid van geestesgesondheid en doen ’n beroep op alle werknemers wat met psigososiale kwellings sukkel, om hulp te soek.

 

Volgens Bonita Maboeta, senior welstandspesialis, het die universiteit die NWU Welstand-program in plek as deel van sy verbintenis om die gesondheid en welstand van werknemers te bevorder. In hierdie werknemer-hulpprogram het personeel en hul onmiddellike gesinne toegang tot gratis telefoniese finansiële en regsadvies, asook een-tot-een-berading vir enige psigososiale kwelling.

 

 

Senior welstandspesialis Bonita Maboeta sê die getal personeellede wat aanvanklik, onder inperkingsvlak 5 en 4, die werknemer-hulpprogram gebruik het, het afgeneem, maar onder vlak 3 en 2 was daar ’n dramatiese toename in personeel wat die program gebruik.

 

“Die meeste mense het psigososiale beradingsdienste vir geestesgesondheid en hul interpersoonlike verhoudings nodig gehad,” sê sy.

Klik op elke sirkel op meer te lees.

Ons gee om vir jou

Die pandemie het nie net die inkomste van duisende Suid-Afrikaners geraak nie, maar ook hulle geestelike en emosionele gesondheid.

 

Met al die onsekerheid rondom Covid-19 sukkel talle mense met vrees, angs, depressie, uitbranding, slaaploosheid en stres.

 

Geestesgesondheid beïnvloed die manier waarop mense dink, voel en optree, en het ’n invloed op hul vermoë om stres te hanteer, uitdagings te oorkom, verhoudings te bou of om van terugslae en probleme te herstel.