DIE NUWE STATUUT ONDERSTEUN DIE STRATEGIE

Bly by met nuwe struktuur en strategie

 

Toe die Raad die NWU se nuwe strategie aanvaar het, was ’n nuwe Statuut nodig om dit te ondersteun. “As die universiteit wil voortgaan om volgens sy volle potensiaal te funksioneer, het dit ’n Statuut nodig om die nuwe struktuur en strategie te ondersteun.”

 

Marlene sê hoewel die vorige Statuut oor die algemeen as baie goed beskou is, het die verandering in strategie en struktuur ’n nuwe een genoodsaak.

 

Statuut neem veranderings in ag

 

Die Statuut verskaf die basis om alle belangrike veranderings wat by die bestuursmodel ingesluit is, te implementeer. Dit sluit onder andere veranderings aan die samestelling van die Raad, die rol van die uitvoerende dekane oor die kampusse heen en die funksies van adjunkdekane in.

 

Die NWU sal ook vyf adjunkvisekanseliers hê, bestaande uit ’n adjunkvisekanselier vir onderrig en leer, ’n adjunkvisekanselier vir navorsing en innovasie, en drie adjunkvisekanseliers wat aan die hoof van die drie kampusse staan.

 

Marlene sê ’n belangrike wysiging aan die Statuut is om op die belangrike rol en samestelling van die Institusionele Forum te fokus. Die forum se rol is om die Raad oor belangrike sake te adviseer, insluitende die keuring van kandidate vir aanstellings in die senior bestuur, die beleid oor billikheid, gedragskodes en geskilbeslegtingsprosesse en -prosedures.

 

Die rol van die Senaat in die aanstelling van alle akademiese personeel word ook in die nuwe Statuut herbeklemtoon. Volgens die Statuut moet akademici ná oorlegpleging met die Senaat aangestel word.

 

Ander betekenisvolle veranderings sluit in die instelling van een Verteenwoordigende Studenteraad wat uit 15 lede bestaan, met proporsionele verteenwoordiging van studente, en die verkiesing van ’n kampusstudenteraad op elke kampus.

 

Die Statuut maak ook vir die herroeping van grade voorsiening. Besondere aandag is ook aan die mees toepaslike definisie van ’n student gegee.

 

 

LEES MEER

>

>

BEWEEG AF