Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding het onlangs die NWU se nuwe Statuut onderteken, en dit is ook in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is die begin van ’n 12-maande-tydperk waarbinne die universiteit wetlik verplig is om dit te implementeer. Eish! het met prof Marlene Verhoef, die institusionele registrateur, oor die proses en interessanthede van die nuwe Statuut gepraat.

“Die Statuut bepaal die struktuur by die universiteit. Dit is nie bloot net ’n stuk papier nie, dit het merkwaardige kreatiewe mag,” sê Marlene. Sy glo dat dit is ’n dinamiese dokument wat toepaslik en relevant vir ons tyd is. “Dit is die resultaat van aktiewe konsultasie en baie ure van harde werk wat ’n toegewyde span spesialiste en regs- en konstitusionele kundiges ingesit het. Dit is ’n getuienis van wat die NWU graag wil wees.”

Prof Marlene Verhoef, die institusionele registrateur, sê as taalkenner was sy verstom oor die belangrikheid van taal terwyl die nuwe Statuut opgestel is. “Ons moes seker maak dat elke woord wat gebruik word die regte woord is, en dat elke komma en leesteken op die regte plek is.”

LEES MEER

>

>