Implementering bepaal sukses

 

“Die Statuut hang af van hoe suksesvol ons die reëls, prosedures en beleide toepas. As ons nie daarin slaag nie, sal die Statuut nie sy volle potensiaal kan bereik nie."

 

Die rol daarvan is om ’n omgewing daar te stel wat bevorderlik is vir goeie beheer en bestuur by die universiteit.

 

Marlene sê baie werk moet in die volgende paar maande gedoen word. “Ons doen ’n beroep op personeel om die proses te respekteer en vertrou. Daar is 74 beleide en ’n aantal reëls wat hersien moet word. Die betrokke eienaars van die beleide moet seker maak dat hulle die sperdatums in die hersieningsproses handhaaf om ’n gladde oorgang vanaf die ou statutêre omgewing na die nuwe een te verseker.”

 

Om die NWU se Statuut te sien, klik asseblief hIer.

DIE STATUUT VORM DIE BASIS VAN DIE NUWE BESTUURSMODEL

>

>

LEES MEER