KLIK OM MEER TE LEES

beweeg af

REDAKSIONEEL

Laat diep spore agter count

In hierdie uitgawe van Eish! kan jy lees van die nalatenskap van prof Martin Oosthuizen, die huidige adjunkvisekanselier vir onderrig en leer, en adv Johan Kruger SC, die uittredende Raadsvoorsitter.

 

Albei van hulle het die NWU deur moeilike tye gelei. Toe Martin in Junie 2011 by die NWU aangesluit het, het hy voor yslike onderrig- en leer-uitdagings te staan gekom, maar met harde werk en ’n toegewyde span het hy dit te bowe gekom. Wanneer hy in Junie hierdie jaar die tuig neerlê, sal sy nalatenskap – soos die nuwe onderrig-en-leer-strategie wat die NWU-raad verlede jaar goedgekeur het – aansienlik wees.

 

Johan laat ook ’n belangrike nalatenskap agter. Terwyl hy van 2014 tot 2017 die voorsitter van die NWU-raad was, het hy die Raad oor ’n hele klompie hindernisse gelei, veral dié wat tydens die NWU se strategiese hersienings- en herstruktureringsproses opgeduik het.

 

Martin en Johan laat betekenisvolle voetspore in die NWU-grond agter – voetspore waarin hulle opvolgers sal kan loop. Die vraag is: wanneer ek en jy eendag terugkyk, sal ons trots wees op die voetspore wat agter ons lê? Trouens, maak ons seker dat ons voetspore elke dag iets beteken?

 

Dit wil voorkom of talle NWU-personeellede – soos prof Mary Grosser van die Vaaldriehoekkampus wat na Duitsland emigreer – hulle voetspore in die verlede laat geld het en waardevolle bydraes vir ons nagelaat het.

 

In haar boek Dance Of The Chupacabras, skryf Lori Lopez: “… we must choose each step we take with utmost caution, for the footprints we leave behind are as important as the path we will follow.”

 

Op ’n ligter noot: Bob Moawad, die skrywer van boeke soos Whatever It Takes, sê: “You can't make footprints in the sands of time by sitting on your butt. And who wants to leave butt prints in the sands of time?”

 

Ja, ons sal almal voetspore in die “sands of time” nalaat namate ons ons lewenspad loop. Die uitdaging is om seker te maak dat hierdie voetspore diep en betekenisvol is en dat dit vir ander die moeite werd is om daarin te volg.

 

Lekker lees.

 

 

>

>