>

BEWEEG AF

V: Hoekom is die DIY-portaal geskep?

A: Dit het alles in 2014 begin toe die behoefte uitgespreek is om die koste van ondersteuningsdienstransaksies af te bring. Die eerste poging was om personeel van geoutomatiseerde betaalstrokies, afgelewer via e-pos, te voorsien. Van daar af het die versoeklys net aanhou groei.

 

V: Watter voordele hou dit vir die verbruiker in?

A: Die portaal het vier doelwitte:

  • Skep gebruikersvriendelike koppelvlakke en verhoog die kwaliteit van diens aan NWU-personeellede.
  • Bemagtig NWU-personeellede om sommige van hul versoeke self te hanteer – byvoorbeeld verlofbalanse – en sodoende produktiwiteit te verhoog.
  • Vereenvoudig besigheidsprosesse deur die vaartbelyning van sekere funksies soos die belangebotsing-voldoeningsproses.
  • Ondersteun die “Go green”-inisiatief en beperk papiergebruik tot die minimum.

V: Wie kan almal die DIY-portaal gebruik?

A: Personeel en studente het tans toegang tot die portaal.

 

V: Wie kan ek kontak indien ek probleme met die DIY-portaal ervaar?

A: Elke toepassing (toep) in die DIY-diensteportaal het sy eie kontakpersoon wat sal hulp verleen met die Toep indien nodig. Die kontakpersoon kan gevind word in die “How-To Guide”-skakel langs die ikoon van elke toep.

 

Vir enige tegniese kwessies kan die gebruiker ʼn IT-Help-versoek rig of hul IT-dienstoonbank skakel vir bystand om ʼn probleem aan te meld.

 

V: Hoe kan ek toegang tot die portaal verkry?

A: Maak jou blaaier oop, navigeer na http://www.nwu.ac.za/af en klik op die “DIY-dienste”-skakel in die blad se voetskrif. Teken aan met jou NWU-nommer en netwerkwagwoord.

 

KLIK OM MEER TE LEES

HIERDIE TOEPASSINGS IS TANS BESKIKBAAR

Namate funksionaliteite ontwikkel word, sal nuwe toepassings by die portaal gevoeg word. Een van die toepassings  wat beplan word, sal jou in staat stel om nie net jou verlofbalans te sien nie, maar ook om aansoek te doen om verlof.

NEEM KENNIS

Gebruik asseblief Mozilla Firefox of Chrome as jou verstekblaaier. Die portaal funksioneer nie optimaal in Internet Explorer nie.

LEES MEER

  • Verlofbalanse

    Die Verlofbalanse-toepassing stel personeel in staat om hul eie verlofbalanse te kan sien. Toesighouers (soos binne die Toesighouerhiërargie-toepassing toegewys) kan ook na die verlofbalanse van personeel in hul organisasie-entiteit (OE) kyk. Hierdie verlofbalans sluit opgehoopte, jaarlikse, gesinsverpligtings, siekte- en studieverlof in.

  • Toesighouerhiërargie

    Deur die toesighouerhierargie vir ʼn OE daar te stel, kan OE-toesighouers byvoorbeeld na die verlofbalanse van hul personeel kyk en hul botsendebelangevorms bestuur.

     

    So werk dit: ʼn OE-hoof is die toesighouer van al die werknemers in ʼn OE. Wanneer dit kom by die bestuur van die DIY-diensteportaal se funksies wat op sy of haar werknemers van toepassing is, mag die OE-hoof een of meer toesighouers binne die OE aanwys en dan ook aandui wie die toesighouer vir elke werknemer binne ʼn OE is.

     

    Indien nodig, kan toesighouers – met die goedkeuring van die OE-hoof – bykomende toesighouers aanwys en aandui wie die toesighouer vir elke werknemer is.

  • Aksielys

    Die Aksielys-toepassing verskaf ʼn funksionaliteit sodat werkvloei-items wat deur die DIY-diensteportaaltoepassings geskep is, sentraal bestuur kan word. Die verantwoordelike persoon ontvang ʼn e-pos van die DIY-dienstetoepassing wat aandui dat werkvloei-items aandag verg. Nadat die persoon na die aksielysitems gekyk het, kan hy of sy dit dan goed- of afkeur.

  • NWU-Vending-fondse (studente)

    Hierdie toepassing stel studente in staat om na die beskikbare fondse op ʼn betrokke studentekaart te kyk. Hulle kan ook die transaksies vir ʼn sekere tydperk sien.

  • POPI

    Die doel van die “POPI”-toepassing is om aan te dui of ʼn persoon se inligting privaat is al dan nie.

     

    In terme van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (oftewel “POPI”) het studente die keuse om aan te dui of die NWU hul persoonlike inligting (byvoorbeeld kontakinligting en eksamenuitslae) as privaat moet hanteer.

     

    Indien hulle hul inligting as privaat aangedui het, mag die inligting nie met eksterne persone soos ouers, voogde, beursgewers of instansies gedeel word nie.

  • Werknemervoorkeure

    Die doel van die Werknemervoorkeure-toepassing is om ʼn funksionaliteit te verskaf waarmee personeellede keuses kan uitoefen en inligting met betrekking tot hul voordele kan opdateer.

>