Waarom betrokke raak?

 

Mariëtte sê dis baie belangrik om bewustheid oor Bone SA te skep. “Ons benodig skenkers; mense moet weet dat daar ʼn behoefte is en dat hulle iets daaraan kan doen. Sonder skenkers kan been en vel nie aan pasiënte wat dit nodig het beskikbaar gestel word nie.”

 

Elkeen is ʼn potensiële skenker, maar weefsel word gewoonlik van mense tussen 15 en 80 jaar oud herwin. Wanneer jong kinders sterf, mag hul ouers besluit om hul horingvliese en hartkleppe te skenk.

 

Sy is baie trots op die manier waarop Bone SA besigheid bedryf. “Die hele proses is sterk eties gedrewe weens die aard van die besigheid en die produk. Bone SA is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk en funksioneer dus op hierdie grondslag. Skenkers kan nie menslike weefsel verkoop nie. Tog betaal pasiënte uiteindelik vir die produk om die koste van verkryging, vervaardiging, bemarking en verspreiding te verhaal.

 

“Dit is ʼn verdienstelike saak wat ʼn massiewe impak op die lewensgehalte van baie mense het. Daar is niks meer besielend as om te hoor hoe mense se lewens verander word deur onselfsugtige skenkings van menslike weefsel nie.”

 

Vir verdere inligting oor Bone SA, besoek gerus hul webwerf by  www.bonesa.org.za of skakel 011 440 3888.

>

>

TERUG