Sorg is in haar bloed

>

>

In ons voortgaande reeks artikels in Eish! fokus ons op mense by die NWU wat nie net hard werk nie, maar ook ʼn passie het om ander mense se lewens te verbeter. In hierdie uitgawe besoek ons prof Mariëtte Lowes wat nou ʼn NWU-konsultant is en ook betrokke is by Bone SA, ʼn maatskappy wat menslike been en weefsel versprei na pasiënte wat dit nodig het.

Been- en weefselskenkings is kosbare geskenke wat lewensveranderend kan wees vir pasiënte wat menslike weefsel nodig het as gevolg van ʼn besering of siekte.

 

Mariëtte, ʼn konsultant in onderrig en leer, sê vandat sy deel geword het van Bone SA het sy al baie aangrypende en inspirerende suksesverhale beleef waar skenkers ander mense se lyding verlig en hul lewenskwaliteit verbeter het.

Mariëtte, wat van 2006 tot die einde van 2014 die Potchefstroomkampus se viserektor vir onderrig en leer was, werk nou deeltyds in die kantoor van prof Martin Oosthuizen, die adjunkvisekanselier vir onderrig en leer in die Institusionele Kantoor. Sy is ook lid van die NWU se reëlingskomitee vir die transformasie van onderrig en leer en projekleier vir die HOKSR-kwalifikasiebelyningsprojek. Verder bestuur sy die Onderrigontwikkeling-, nGap- en Grondslagtoekenning.

LEES MEER