X

Nuus

Gedurende Over-de-Voor se reünie van 24 tot 26 Maart het dr Pieter Warnich, ʼn voormalige koshuisvader, die boek wat hy geskryf het oor die geskiedenis, tradisies en stories van hierdie koshuis, bekend gestel. Overs bedank graag al die alumni wat bydraes tot die boek gelewer het, hetsy staaltjies of foto’s. Diegene wat meer inligting oor die boek wil hê, kan vir Janice Möller by janice.möller@nwu.ac.za of 018 299 1176 kontak.

Overs vier
55 jaar se wel en weë

Met die eerste 55 jaar agter die blad, is die manne van Over de Voor-manskoshuis op die NWU se kampus in Potchefstroom reg vir die volgende 55 jaar.

Vorige inwoners of “old boys” het van heinde en verre gekom vir die viering van dié mylpaal. Muis Grobler (inwoner 1972-1974) het byvoorbeeld die langpad van Oshikati in Namibië af aangepak vir die reünie wat van 24 tot 26 Maart 2017 gehou is.

 

Die Vrydagmiddag en -aand het die manne lekker gekuier en ou stories uitgeruil, waarna Overs teen Laureus-manskoshuis op die rugbyveld kragte gemeet het.

 

Die Saterdagoggend het dr Pieter Warnich, ’n voormalige koshuisvader, sy boek oor Over de Voor se geskiedenis, tradisies en verhale bekendgestel. Daarna het almal die NWU se argief en museum besoek en die aand het hulle ʼn formele ete bygewoon waartydens vorige huisouers bederf is.

 

Sondagoggend het prof Fika Janse van Rensburg met die alumni gesels en het Janice “Moeder” Möller, Overs se inwonende beampte, die 55 jaar-gedenkplaat onthul. Ná ’n onvergeetlike naweek vol pret en mooi herinneringe het alumni weer huiswaarts gekeer.

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Moenie hierdie aktiwiteite misloop nie:

 

De Wilgers-reünie:
21 tot 22 Julie 2017

 

Nelspruit-byeenkoms:
28 Julie 2017

 

Kontakpersoon:

Abigail Leshope,

018 285 2669

 

NWU & U  |

NWU & U  |