X

Nuus

Alumnikoördineerder Susan van Rooyen en NWU-alumna Dipsy Wechoemang deel ’n ligte oomblik. Dipsy is die groepbestuurslid vir mensekapitaal by die Padverkeersbestuurskorporasie en ’n stoere ondersteuner van die Vervoerekonomie-program op die NWU se kampus in Mahikeng.

Vervoer-alumni laat hierdie partytjie lewe

Elegante uitrustings, goeie kos en lewendige geselskap was op 25 April 2017 aan die orde van die dag toe alumni ’n galadinee bygewoon het wat deur die NWU se Departement Vervoerekonomie en Logistieke Bestuur in Mahikeng gereël is om die departement se 2016-graduandi geluk te wens.

Karen Visser, die programkoördineerder van Vervoerekonomie en Logistieke Bestuur, sê 14 jaar ná die instelling van die program het dit reeds meer as 600 gegradueerdes opgelewer.

 

“Die Departement Vervoerekonomie en Logistieke Bestuur spog tans met ’n aanstellingskoers van 75% ná die voltooiing van ’n eerste graad, en ons is oortuig dat dit gehandhaaf sal word en in die toekoms selfs sal verbeter,” sê sy.

 

Alumni wat die aand by die jaarlikse dinee geniet, is Dipsy Whoemang, prof Sonia Swanepoel, Thabita Lalendle, Hellen Mnguni en prof Mashudu Davhana Maselesele.

Onder die hooggeplaastes by die funksie was die gasspreker, dr MN Motlhabane, NWU-alumnus en LUR van Noordwes se Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur, en mnr T Tenza, waarnemende direkteurgeneraal vir geïntegreerde vervoerbeplanning by die nasionale Departement van Vervoer.

 

NWU-bestuurslede by die dinee was prof Dan Kgwadi, visekanselier, prof Mashudu Davhana-Maselesele, kampusrektor, prof Lumkile Lalendle en prof Sonia Swanepoel.

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |