DEPRESSIE TE BEVEG

Wetenskaplikes het bevind dat musiekterapie ook help om angs te verlig en die funksionering verbeter van die meer as 264 miljoen mense regoor die wêreld wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie aan depressie ly.

 

Die 34-jarige Byron se onlangse ervaring bevestig dat musiekterapie inderdaad werk.

 

Hy sê sy stryd met depressie het begin nadat die landswye staat van inperking aangekondig is. “Ek het van die huis af gewerk en hoewel ek aanvanklik die verandering van omgewing verwelkom het en dit verfrissend was, het ek gou eensaam en bedruk begin voel.”

 

Toe hy begin het om kontak met sy familie en vriende te verloor, het hy besef dat iets verkeerd is, en het hy by NWU Welstand aangeklop. Hy sê die daaropvolgende afsprake met beraders en ’n psigiater het baie gehelp.

 

Kyk die donkerte in die oë

 

Byron het nog altyd daarvan gehou om videospeletjies te speel en na baie ekstreme heavy metal te luister. “Ek hou van goth-dinge, gruwelflieks, Tolkien-geïnspireerde verhale met drake en towenaars – dinge soos Dungeons and Dragons,” sê hy.

 

Geen wonder hy vind heavy metal terapeuties nie. “Tydens my stryd met depressie het die speel van metal my iets laat voel. Ek hou van die eerlike emosies wat by metal voorkom. Nie alle musiek hoef vrolik of hartseer te wees nie. ’n Mens moet soms kwaad word, en metal kry dit reg.”

 

Metal skyn deur die skadu’s

 

Hy het regdeur sy herstel probeer om sy uitkyk op die lewe te verander, kreatief te wees en nuwe vaardighede aan te leer. Nadat hy op YouTube na video's gekyk het oor hoe om kitaar te speel, het hy begin oefen en baie goed geraak daarmee.

 

“Dit het my die idee gegee om die absolute leegheid van depressie in ’n black metal-album vas te vang.” Hy het uiteindelik lirieke oor sy geestesgesondheid geskryf en dit het ’n album geword wat sy reis met depressie weerspieël.

 

Byron het die omslag van die album en die logo self ontwerp. Hy het die musiekgroep se naam, Spectre, gekies en sy album Alone  genoem. “Ek het regtig soos ’n spook gevoel wat in my eie huis ronddwaal, en die titel van die album is vanselfsprekend die weerspieëling van my eensaamheid.”

 

Hy sê black metal – wat die enigste genre is wat vasvang hoe hy voel – atmosferies, outentiek en donker is, maar nie boos nie. “Ek wil onomwonde sê dat dit nie bose musiek is nie,” beklemtoon hy.

Byron sê daar is verskeie musiekgroepe wat oor die geskiedenis, mitologie, fantasie en selfs geestesiektes skryf.

 

“Musiekgroepe wat my inspireer, is Darkthrone, Immortal en Gorgoroth, terwyl die album Transilvanian Hunger  deur Darkthrone die essensie van black metal perfek vasvang. Ek sou sê dat my album direk aan daardie album hulde bring.”

 

Kry hulp en hou vas aan hoop

 

“My raad aan enigiemand wat met depressie sukkel, is om jouself af te vra of jy op die oomblik enige emosies ervaar. As jy apaties is, met geen gevoelens hoegenaamd nie, gaan soek onmiddellik hulp.

 

“Depressie vreet jou stadigaan op, maar daar is hoop. Jy kan teen hierdie monster veg – ek het dit deur metal gedoen, en ek sal nooit weer terugkyk nie.”

 

Byron sê hy kan dalk op ’n stadium ’n volle musiekgroep stig. “Ek oorweeg selfs om ’n bietjie sagter metal te maak om eendag as onderriginstrument te gebruik.”

 

Byron gebruik heavy metal om

Byron het hierdie foto vir sy album gekies, aangesien dit sy gevoel simboliseer van hoe hy in die donker woud van depressie verlore was.

Byron Bunt, dosent in geskiedenis in onderwys, deel sy stryd teen depressie en beskryf hoe hy black metal gebruik het om sy donker vyand te verslaan.

  • MEER OOR DIE ALBUM

    Byron het die album self vrygestel en dit kan op sy Bandcamp-bladsy afgelaai word.

     

    Hy sê black metal het baie bepaalde estetiese aantrekkingskrag, en word dikwels met swart-en-wit foto’s geassosieer. “Ek het die foto van ’n woud gekies, omdat ek gevoel het dat ek in ’n donker woud verdwaal het.”

  • MEER OOR BYRON

    “My fokus op die akademie het begin toe ek nog studeer het om ’n geskiedenisonderwyser te word,” sê Byron.

     

    Hy is ’n geskiedenis-entoesias wat sy liefde vir geskiedenis ontwikkel het terwyl hy videospeletjies soos Age of Empires  gespeel het, en nou sluit hy videospeletjies by sy lesings in. Hy is ook betower deur plekke soos Rome, Egipte en Babilon, wat ʼn groot rol in die geskiedenis gespeel het.

Toe Byron Bunt, dosent in geskiedenis in onderwys, deur die depressiespook gepla is, het hy hulp by NWU Welstand gekry en ook by ’n meer onverwagte bron: heavy metal.

Klik op die blokke om meer te lees.