TOEKENNINGS

‘MEESTERSTUKKE’

 gemeenskapsontwikkeling se

NWU VEREER

As dit ʼn kunsvorm is om aan ander te gee, is dit ʼn meesterstuk om mense te bemagtig. Die NWU het onlangs erkenning gegee aan dertien akademici wat sulke ‘meesterstukke’ geskep het deur hul kundigheid met die gemeenskap te deel.

Hulle is op 31 Maart tydens ʼn virtuele geleentheid – die NWU se toekenningseremonie vir uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling – vereer.

Die visekanselier, prof Dan Kgwadi, het al die ontvangers gelukgewens en gesê hy hoop dat hulle ander mense sal aanmoedig om gemeenskapsontwikkelingsnavorsers en -innoveerders te word wat betrokke onderrig en leer in gemeenskappe implementeer.

Hy het hulle aangemoedig om korporatiewe burgers te wees deur nie net hulle kundigheid met gemeenskappe op grondvlak te deel nie, maar ook met bedryfsvennote en ander universiteite.

Kom ons wees ʼn betrokke universiteit

Oor die toekennings het prof Marilyn Setlalentoa, adjunk-visekanselier vir gemeenskapsontwikkeling en Mahikengkampusbedrywighede, gesê sy is baie trots op almal wat toekennings ontvang het.

“Hierdie toekennings getuig van die hoë kwaliteit en uitnemendheid van hulle kundigheid, maar ook van hulle passie vir mense en hulle toegewydheid om hul kennis te gebruik om ʼn verskil in ander se lewens te maak.”

Sy wys daarop dat, as ʼn betrokke universiteit, ons gemeenskapsbetrokkenheid vervleg is met ons onderrig en leer, asook ons navorsing.

“Ons aktiwiteite behoort nie eensydig te wees nie. Dit moet interaktief wees, en tweerigting-leer en -navorsing oor, met en in gemeenskappe insluit. En vir die feit ons wenners dit reggekry het, salueer ek bedank ek hulle.”

Sy wens almal wat toekennings ontvang het alles van die beste toe vir hulle toekoms en vir die groot impak wat hulle almal hoop om in die gees van ubuntu te maak.

Prof Marilyn Setlalentoa, adjunk-visekanselier vir gemeenskapsontwikkeling en Mahikengkampusbedrywighede, sê gemeenskapsbetrokkenheid by die NWU bly groei, en as ʼn toonaangewende universiteit moet ons verseker dat die wêreld van kennis wat gegenereer word, benut word tot voordeel van die gemeenskappe wat hulle bedien.

En die wenners is...

Die bydraes in die verskillende kategorieë gedurende 2020 wat erkenning ontvang het, is:

  • VAKKUNDIGHEID VAN VERBINTENIS

    Prof Juaneé Cilliers

    voorheen van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, vir die projek om klein dorpies te hernuwe, wetenskapkommunikasie.

    Prof Leenta Grobler and Dr Henri Marais

    van die Fakulteit Ingenieurswese vir die TjopTjop- Covid-19-siftingsapp.

  • GEMEENSKAPSONTWIKKELINGSONDERRIG EN -LEER

    Prof Carisma Nel en
    dr Elma Marais

    van die Fakulteit Opvoedkunde vir die ontwikkelingskapasiteits-verbeteringsprogram vir onderrig en leer: Werkgeïntegreerde leer (WIL) Werk.

    Dr Corné van der Vyver

    van die Fakulteit Opvoedkunde vir die versterking van gemeenskapsidentiteit deur storievertelling as ’n onderrigstrategie

  • GEMEENSKAPSONTWIKKELINGSONDERRIG EN -LEER EN UITREIKING

    Lorraine Erica Derbyshire

    van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir verskeie gemeenskapsbetrokkenheidsaktiwiteite van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe.

  • GEMEENSKAPSONTWIKKELINGSNAVORSING EN DIE DEEL VAN KUNDIGHEID

    Prof Josef de Beer

    van die Fakulteit Opvoedkunde vir Onderwysers Sonder Grense: Die vestiging van wetenskaplaboratoriums vir inheemse kennis in plattelandse skole.

    Dr Marinda Neethling

    van die Fakulteit Opvoedkunde vir ’n gemeenskapsbetrokkenheidsprojek om indiensonderwysers in die Umzinyathi-distrik te ondersteun.

  • DEEL VAN KUNDIGHEID

    Prof Riaan de Jongh

    van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir sy lewenslange gemeenskapsverbintenisbydrae tot die Suid-Afrikaanse finansiëlediensbedryf.

    Kgomotso Mopalami

    van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die ontwikkeling van die SARMP MH-praktisynskontrolelys.

  • DEEL VAN KUNDIGHEID EN UITREIKING

    Dr Kezell Klinck

    van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir Gemeenskapsontwikkeling uit die Hart.

    Prof Mulunda Mwanza

    van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir die dieregesondheid-uitreikprogram aan die gemeenskap.

“Om my kennis en ervaring te deel, laat my toe om positief by te dra om die lewensonderhoud van die gemeenskap te verhoog.

“Een van die hoekstene van die mensehulpbronberoep is ‘verpligting teenoor die samelewing’ en dit is waarom ek my verbintenis ten opsigte van maatskaplike verantwoordelikheid nakom. Deur dit te doen, voel ek tevrede in die wete dat ek ʼn verskil in die samelewing maak deur te verseker dat diegene wat ek bereik, deur kennis bemagtig word.

- Kgomotso Mopalami, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe