Ons trotseer die storm saam

Dit is ons

Prof Dan Kgwadi, die visekanselier, wens personeel alles van die beste toe tydens die inperkingsperiode.

 

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260

 

Teen die tyd dat julle hierdie berig lees, sal ons ons tweede week van afsondering binnegaan.

 

In hierdie stadium het ons waarskynlik reeds ’n “werk van die huis af”-roetine gevestig, met voldoende kommunikasiekanale om met ons kollegas en ander belanghebbers kontak te behou.

 

Onthou, die belangrikste doelwit is om veilig te wees en om in hierdie tyd getrou te werk sodat die NWU-skip op koers kan bly, ten spyte van die Covid-19-storm wat om ons woed.

 

Gebruik asseblief die e-posadres wat vir alle Covid-19-navrae geskep is: nwu-covid19@nwu.ac.za. Maak seker jy bly ingelig deur gereeld die NWU se webwerf en die personeel-intranet te besoek vir die jongste inligting oor Covid-19, die NWU se staat van inperking, asook belangrike riglyne vir personeel.

 

Jy kan dalk ook belangstel in artikels wat ons NWU-kundiges oor die sielkundige impak van die Covid-19-pandemie en die effek van die pandemie op die ekonomie geskryf het.

 

Moenie huiwer om jou lynbestuurder te kontak as jy enige probleme ervaar om van die huis af te werk nie. Deur saam te staan – al is dit net in ’n virtuele sin – kan ons hierdie storm trotseer en die NWU steeds vorentoe neem.