ROL AF

  • Bokhorings

    Bokhorings is doeltreffende wapens. Die diere gebruik hul horings om hulself of hul trop teen roofdiere te beskerm. Hulle gebruik dit ook gedurende die paarseisoen wanneer hulle teen ander bokke veg.

     

    Trouens, horings is geneig om beter ontwikkel te wees by daardie boksoorte waar die manlike bokke oor die vroulike bokke baklei. Indien territoriale vertoon nie doeltreffend is om vyande af te skrik nie, val die manlike bokke hulle teenstanders met hul horings aan om dominansie te kry.

    LEES MEER

  • Meeste bokspesies

    By die meeste bokspesies het albei geslagte horings, maar dié van die manlike bokke is gewoonlik groter. Daar is egter ’n aantal spesies waar die vroulike bokke geen horings het nie.

     

    Die grootte en vorm van bokke se horings verskil baie. Dié van duikers en kleiner boksoorte is geneig om eenvoudige klein reguit horinkies te wees, terwyl ander groepe gedraaide horings het (soos dié van die gewone eland), of spiraalvorming (soos dié van die koedoe).

    LEES MEER

  • Koedoebul

    ’n Koedoebul het die langste horings van al die boksoorte wat in die Nasionale Krugerwildtuin voorkom. Op die ouderdom van nege maande het ’n manlike koedoe twee kort horinkies wat met ouderdom begin groei en krul om die kurktrekkervorm van die tipiese volwasse bulle te vertoon.

     

    Daar is al talle waarnemings gemaak van vegtende koedoebulle wat hul spiraalvormige horings sluit en nie kan loskom nie – hierdie hulpelose vegters word spoedig die prooi van roofdiere.

     

    LEES MEER

eish! het hierdie interessante inligting oor bokhorings gevind:

 

Hier is ’n paar interessante feite oor bokhorings en hoe diere dit gebruik. Deur op die skakels te klik, kan julle sien watter internet-artikels ons as bronne gebruik het.

Die NWU kan binnekort sy eie Sentrum van Uitnemendheid in Wildboerdery hê as ’n nuwe aankomeling en kundige op hierdie gebied sy sin kry.

 

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe op die kampus in Mahikeng het vir prof Paul Lubout verwelkom – ʼn akademikus wat sê dierewetenskap en diereteling laat sy hart warm klop.

 

“Die onontginde siekteweerstandigheid, aanpassing by klimaatsverandering en gene in wild (genomika) is Suid-Afrika se nuwe goud in die wêreldwye veld van biotegnologie wat tot voordeel van hierdie land en al sy burgers ontgin moet word,” glo Paul.

 

Realiseer die potensiaal van wild

 

Paul het in 2001 by die teel van diere betrokke geraak en binne ’n paar jaar het hy die groot potensiaal van wild besef.

 

Deel van sy navorsingsbelangstelling is die keuse van horings (trofeë) as ’n potensiële bykomende inkomste tot wildsvleisproduksie.

 

“Ek het die ontwikkeling van wildregistrasie, die optekening van prestasie, en die genetiese ontledingstelsel met ’n Australiese verskaffer van soortgelyke sagteware aan die veebedryf in Suid-Afrika bespreek, en hulle het ingestem om my met die ontwikkeling te help,” verduidelik Paul.

 

Ontwikkeling in die wildbedryf

 

Hy sê die basis van die veeregistrasiestelsel en prestasie-optekeningstelsels is gebruik en dat die kenmerke van horings bygevoeg is. Die metodologie van mates en standaarde is ontwikkel vir die horingkenmerke van 17 wildspesies, en die stelsel het in Maart 2013 operasioneel geword.

 

DNS-toetse vir akkurate bloedlynverifikasie is ontwikkel en daar is tans vier laboratoriums wat DNS-profiele en bloedlynverifikasie aan die Suid-Afrikaanse wildbedryf verskaf. Daarbenewens is die metodologie ontwikkel vir die diversiteitsbestuur wat DNS-bloedlynprofiele gebruik. Hierdie diens is nou ook deur middel van DNS-laboratoriums vir alle wildspesies beskikbaar.

 

Paul sê toe data-insameling begin het, is die standaarde van uitnemendheid vir spesies vir hierdie 17 spesies ontwikkel. Met die publikasie van die eerste twee artikels oor wildspesies – ten opsigte van buffels en swartwitpense – is wetenskaplike seleksie vir superieure horinggroei nou moontlik.

 

 

WILDBEDRYF

Ontsluit die ekonomiese potensiaal van SA se

Wildkundige prof Paul Lubout is ’n nuwe aanwins vir die Fakulteit Natuur- en
Landbouwetenskappe op die kampus in Mahikeng.