Elke keer as die man-en-vrou-span Kobus en Caroline Filmalter die water aandurf, bevestig hulle hul posisie as topkanovaarders, hetsy as individuele roeiers (K1) of as span in die gemengde dubbels (K2).

ROL AF

Hulle spog gesamentlik met meer as 11 jaar ervaring op die water. Kobus, wat by die Instandhouding en Geriewe-departement op die kampus in Vanderbijlpark werk, ding al die afgelope agt jaar mee, terwyl Caroline in 2016 by hom op die water aangesluit het.

 

Die egpaar het in 2017 as veteraan-gemengdedubbelspan begin deelneem en het so goed gevaar dat hulle Suid-Afrika in die wêreldkampioenskap verteenwoordig het en hulle afdeling gewen het.

 

Plaaslike mededingingskalender

 

Hulle het onlangs aan die Gautengse marathonkampioenskap deelgeneem.

 

Kobus het tweede in sy ouderdomskategorie klaargemaak en die 23 km-resies met vyf draplekke in een uur 46 minute voltooi. Caroline was eerste in haar ouderdomskategorie en het haar 17,5 km-resies in een uur 42 minute voltooi.

 

Hierdie wedvaart was die eerste van die kanovaartseisoen en het aan kanovaarders ’n waardevolle oefengeleentheid gebied om voor te berei vir groot wedvaarte wat voorlê.

 

Dit sluit in die Liebenbergsvlei-kanomarathon en die uitmergelende Visrivier-kanomarathon aan die einde van September. Caroline sal hierdie jaar aan haar eerste K2-Visrivier-kampioenskap saam met Kobus deelneem.

 

Die wêreld se waterweë wag

 

Toe hulle gevra is waarna hulle vir die 2019-seisoen mik, het Kobus gesê dat hulle op koers is om aan die volgende wêreldkampioenskap in 2020 in Noorweë deel te neem.

 

Hulle is oortuig dat hulle gereed is, aangesien hulle hard geoefen het sedert die 2017-wêreldkampioenskap toe Caroline nog ’n groentjie was. “As ons daarin kon slaag om ons afdeling te wen en algeheel vyfde klaar te maak, kan jy dink wat ons ná ’n jaar se intensiewe oefening kan vermag?” vra Kobus.

ROL AF

kraai koning vir Kobus en Caroline

ROEIKRAG

ROL AF