ROL AF

MULTIMILJOENRAND-

OPGRADERING

vir kampus in Vanderbijlpark

Teenwoordig by die seremoniële knip van die lint by die nuwe hek is van links Herman Steyn, Lelani van Zyl, Motlokwe Thobejane, prof Linda du Plessis en Clement Manoko. Eagi, die NWU-maskot, het ook geesdriftig aan die seremonie deelgeneem

Nog 250 beddens en 1 150 bykomende sitplekke in lesingsale is maar net ’n paar van die voordele van die belegging van R200 miljoen in projekte vir infrastruktuurontwikkeling op die kampus in Vanderbijlpark.

Hierdie sketse toon die nuwe administrasiegebou (bo) en die nuwe gebou vir Psigososiale Gesondheidsdienste (onder).

ROL AF

’n Aantal nuwe geboue word opgerig, byvoorbeeld ’n nuwe administrasiehub, ’n opkampuskoshuis, ’n akademiese gebou vir Psigososiale Gesondheidsdienste, saam met verskeie nuwe lesinggeriewe.

 

Bou die toekoms

 

Die huidige administratiewe kantoorgebou sal herontwerp word om ’n veeldoelige ouditorium en wegbreeklokale te huisves. Die ouditorium sal in die toekoms gebruik word om geleenthede soos gradeplegtighede en eerstejaar-ontvangsfunksies aan te bied.

 

As gevolg van nuwe residensiële ontwikkelinge en ’n nuwe skool in Hendrik van Eck-boulevard, moes die kampus sy toegangshek na ’n ander plek in die straat verskuif. Die beoogde administrasiegebou sal geleë wees naby die nuwe hek wat op 7 Augustus amptelik geopen is.

 

Die infrastruktuurontwikkeling word befonds deur ’n infrastruktuur-doeltreffendheidstoekenning van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding en sal teen die einde van 2021 afgehandel wees.

 

Bou uitnemendheid

 

“Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe fase van ontwikkeling op die kampus,” sê prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir beplanning en vir kampusbedrywighede in Vanderbijlpark.

 

“Deur in ons infrastruktuurvoetspoor te belê, streef die NWU deurlopend daarna om moderne geriewe te verskaf om te voldoen aan die hoogste eise wat gestel word om ’n goeie onderrig- en leeromgewing te verskaf, uitnemende navorsing te lewer en kennisoordrag en bedryfskakeling te fasiliteer,” sê Linda.