>

LEES MEER

>

 

 

 

Kenny Mnisi se doktorale

studie is die heel eerste poging om

deur middel van voedselensieme die voedingswaarde van kanola-meel vir

die Japannese kwartel (Coturnix

coturnix Japonica), ’n nuwe

aankomeling in die pluimvee-

bedryf van Suid-Afrika,

te verbeter.

Kenny maak dit

vir Dierkunde

Kenny Mnisi is hier saam met sy trotse ouma, Agnes Mahlalela, by sy gradeplegtigheid.

Die jongste persoon om hierdie lys te haal, is die 24-jarige Kenny Mnisi van ’n dorpie genaamd Masibekela in Mpumalanga. “In hierdie dorpie is boerdery ’n lewenswyse, en terwyl ek grootgeword het, moes ek as klein seuntjie ’n verskeidenheid diere oppas. Ek dink dit is waar die passie vir die wetenskap van diereproduksie gebore is,” sê hy.

 

Hoewel hy self nog jonk is, sê Kenny hy hoop sy prestasies op ’n jong ouderdom sal die Suid-Afrikaanse jeug, veral dié van plattelandse gebiede met beperkte hulpbronne, inspireer, motiveer en aanmoedig.

 

Uit die blokke

 

Hy het sy matrieksertifikaat in 2000 verwerf. ’n Paar jaar later het hy by die NWU geregistreer waar sy motivering en harde werk daartoe gelei het dat hy sy BSc- en MSc-graad cum laude verwerf het.

 

Hy is nou dr Kenny nadat hy sy PhD binne twee akademiese jare voltooi het.

 

“Uit my navorsingwerk vir my MSc het ek twee artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer en my werk by die Nasionale Universiteit van Lesotho aangebied. Ek het ook twee artikels oor my PhD-studie gepubliseer en twee ander artikels is vir ewekniebeoordeling voorgelê,” sê hy.

 

Wat ʼn reis

 

“Ek glo daar is talle individue wat ook op ’n jong ouderdom hulle PhD’s verwerf het – wat saak maak is wat jy met die kwalifikasie doen. Ek sal egter altyd dankbaar wees vir hierdie reis,” sê hy.

 

Kenny werk tans as dosent in dierkunde en spesialiseer in dierevoeding, en vleis- en suiwelwetenskappe. Hy is ook die studieleier en medestudieleier vir verskeie voorgraadse en 11 nagraadse studente (nege meestersgraad- en twee doktorale studente).

 

Volgens Kenny is die NWU een van die beste universiteite in die land en bied dit ongeëwenaarde geleenthede vir die gretige jong denkers van môre, veral vir sy “own cooks” (soos prof Dan Kgwadi sou sê).

 

“Ek is aangespoor om my studies hier voort te sit deur die ondersteuning en leiding wat ek van my direkteur en studieleier, prof Victor Mlambo, en die hoof van die vakgroep, dr Lebo Motsei, ontvang het. Ek beskou myself as baie gelukkig om onder hulle leiding en leierskap te kon werk," sluit Kenny af.

 

Die ander gegradueerdes van Dierkunde wat hul doktorsgrade tydens dieselfde gradeplegtigheid verwerf het, is Mogomotsi Keoletile, Freddie Manyeula, Khuliso Ravhuhali en Thabiso Sebolai.

Die Dierkunde-vakgroep op die kampus in Mahikeng het onlangs die toekenning van vyf doktorsgrade in een vakgroep by een gradeplegtigheid gevier. Dit beteken dat 100% van die akademiese personeel by Dierkunde PhD’s het.