>

En dan is daar die adrenalieninspuitings.

 

“Daar was al ʼn hele paar noue ontkomings,” sê hy. “Ek onthou nog my eerste Visrivier-maraton daar by Cradock. Daardie was die grootste stroomversnellings wat ek ooit gesien het. Dit was ʼn groot skok.

 

“Die uitmergelendste rit wat ek gedoen het, was die Bergrivier-maraton van Paarl tot Velddrift. Dit is 246 km oor vier dae en is ongetwyfeld die langste en die hardste.”

 

Tog glo hy dis geheel en al die moeite werd.

 

“Mense moet met roei eksperimenteer. Jy hoef nie voor te wees nie, jy moet dit net geniet. En jy moet aanhou. Ek het al meer kere uitgeval as wat daar hare op my kop is. Dis ʼn heel ander, maar heerlike uitdaging.”

 

Kobus sê baie van die bekoring van roei lê in die prag van die natuurlike omgewing.

>

Die wenner in die gelukkige trekking vir 'n eksemplaar van Duane Aslett se boek, Goudduiwel, is Beula de Beer van die Skool vir Natuurwetenskappe en Tegnologie vir Onderwys op die Potchefstroomkampus. (Duane was deel van die Ons Mense-reeks in die vorige uitgawe van die Eish!)

LEES MEER