WYS

jou mooiste kampus-kiekies

Die NWU is een van die universiteite met die mooiste kampusse in die land. Hier’s nou jou kans om ons eie beuel te blaas en om sommer terselfdertyd ’n lekker koopbewys as prys los te slaan!

 

Eish! nooi alle NWU-personeel uit om aan ’n fotokompetisie deel te neem. Jy mag tot drie foto’s inskryf wat op enigeen van die NWU se drie kampusse geneem is en die uniekheid van die NWU uitbeeld.

Die wenner sal ’n koopbewys van R250 ontvang en sal in die volgende Eish! aangekondig word.

 

Foto’s moet in jpg-formaat en tussen 1Mb en 5Mb groot wees. Dit kan na johan.vanzyl@nwu.ac.za gestuur word. Opskud, die sluitingsdatum is 28 Maart.

 

Ons sien uit na pragfoto’s!

 

 

 

>

>