Lees die Engelse weergawe November 2023

Die NWU lewer navorsing vir 'n blinker toekoms

Welkom by die sewende uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

bible

Groot eer vir ontluikende navorser

Maricélle Botes se lang reis saam met die NWU het vrugte gedra. Hierdie finalejaar-PhD-student by die navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid is deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) met 'n toekenning vir navorsingsuitnemendheid vir die volgende geslag navorsers in die geesteswetenskappe, sosiale wetenskappe en regskategorie vereer.

 LEES MEER

Ontsluit die kulturele taal van emoji's

Dr Quatro Mgogo, 'n navorser by die Skool vir Kommunikasie, het 'n studie onderneem om te ondersoek hoe Facebook-emoji's aangewend word om die betekenis van izaci namaqhalo esiXhosa (Xhosa-spreekwoorde en -idiome) te vorm. Die studie het ook ondersoek hoe Xhosa-sprekende Facebook-gebruikers emoji's benut om nuwe lewe in Xhosa-uitdrukkings te blaas.

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Ondersoek inheemse pedagogieë om Eurosentriese kurrikulum te verander

Universiteitskurrikulums moet by ongemaklike gesprekke betrokke raak om hedendaagse uitdagings aan te pak, en in die afgelope paar jaar was daar 'n toenemende beweging na die dekolonisering van die onderwys-kurrikulum in Suid-Afrika. Die vraag van "watter kennis het die grootste waarde", of "wie se kennis het die meeste waarde" is die kern van hierdie debat.

 LEES MEER

'n Goeie slaaproetine het 'n positiewe invloed op atlete se prestasie

Hulle floreer op adrenalien, opwinding en energie, maar dit is veral slaap – of die gebrek daaraan – wat die prestasie van atlete kan beïnvloed. 'n Navorser van die NWU sê haar navorsing toon dat die handhawing van goeie slaapgewoontes, of slaaphigiëne soos dit genoem word, nie net 'n atleet se prestasie en uithouvermoë verbeter nie, maar ook hulle algehele welstand.


 LEES MEER

Kleinhandelaars moet aan Millenniërs bemark of iets misloop

Verbruikerspatrone is besig om te verander en kleinhandelaars moet by nuwe dinamika aanpas indien hulle wil oorleef. 'n Groot dryfveer agter die verskuiwing in kooppatrone is die generasie wat tussen 1981 en 1996 gebore is: Millenniërs. Dit is volgens nuwe navorsing wat deur prof Roland Goldberg en prof Johan Gouws van die Skool vir Bestuurswetenskappe uitgevoer is.

 LEES MEER

bible

Die ingewikkelde verband tussen heuningbye se soeke na kos en hulle kleurvoorkeure

Die betowerende wêreld van heuningbye se kossoekgedrag fassineer wetenskaplikes al lank, met kleur wat 'n vername rol in die bye se soektog na voedsel speel. Bye is noodsaaklike bestuiwers wat die sleutel tot die handhawing van die delikate balans van ons ekostelsels hou.

NWU-student Kimani Waiyaki se navorsing het na die ingewikkelde verband tussen heuningbye se kossoekgedrag en hulle kleurvoorkeure gekyk.


 LEES MEER

Ontmoet ons navorsers


Die fakulteite by die NWU doen opwindende werk op die navorsingsfront. In hierdie uitgawe stel ons die werk van drie navorsers bekend:

  • Prof Philimon Modisha, 'n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese,
  • Dr Gontse Mokwatsi, 'n navorser by die Hipertensie in Afrika-navorsingspan in die Fakulteit Gesondheids-wetenskappe, en
  • Zama Simamane, 'n dosent en navorser in geografie en omgewingsopvoeding.

 SIEN MEER

facebook
youtube
facebook
twitter
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.