November 2023

facebook
youtube
facebook
twitter
email
More research news
Terug
Vorige uitgawes

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die NWU doen opwindende werk op die navorsingsfront.
In hierdie uitgawe stel ons die werk van drie navorsers bekend.

Prof Philimon Modisha

Hy is 'n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof Suid-Afrika Infrastruktuursentrum van Bevoegdheid waar die NWU en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad medewerkers is.


Dr Gontse Mokwatsi

Sy is 'n navorser by die Hipertensie in Afrika-navorsingspan in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Haar navorsing fokus op die monitering van bloeddruk in die aand en die oggend vir die diagnose en bestuur van hipertensie.


Zama Simamane

Zama is 'n dosent en navorser in geografie en omgewings-opvoeding. Sy is tans besig met 'n gesamentlike navorsings-projek waar sy maniere ondersoek om die opleiding van onderwysers in omgewingsgeregtigheidsbekwaamhede te bevorder. Sy is ook betrokke by 'n navorsingsprojek wat op maatskaplike geregtigheid en gelykheid in geografie-onderwys fokus. Sy ontleed onderrigpraktyke wat in geografie gebruik word om vas te stel hoe dit billike toegang in 'n uiteenlopende studentekorps moontlik maak.